SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Boeke
‘Skryf maak van my ’n beter mens’
Juliana Coetzer

Waarom het jy die boek geskryf en wanneer het die idee ontstaan?

Die stories is al lankal in my kop. ’n Paar van my kliënte het gevra om hul stories te vertel, asof hulle daardeur ander wou help. Dit was asof dit deel uitgemaak het van hul terapie – om die swaar van hul lewe openbaar te maak en daardeur afhandeling te kry.

Hoe het die skryf van Oorkant jou verskil van dié van Bloedvreemd?

Bloedvreemd se skryf was sterk gekoppel aan die oorkoming van my eie vrese. Ek was dankbaar dat dit so goed ontvang is deur die publiek. Eers lank ná die publikasie het ek besef: Ek is vry. Ek is nie meer my storie nie en ek het vertroue ontwikkel om te skryf.

Oorkant jou se hoofdoel is om ’n stem te wees vir mense wat my pad gekruis het, maar dit het ook ten doel dat ander wat met die stories identifiseer, insig kan ontwikkel.

Baie mense loop met geheime en dit kan dalk verligting bring as hulle sien hulle is nie alleen nie. As die boek tot ander se groei bydra, is ek gelukkig.

Hoe beïnvloed die huidige politieke klimaat mense se gemoedstoestand?

Mense is toenemend meer bekommerd, selfs angstig en ook kwaad.

Die probleem is ’n mens doen jouself die meeste skade deur in daardie state of mind te bly. Dis asof jy rede soek om daardie emosie te ervaar.

Die voortdurende afskeiding van adrenalien het ’n geweldig negatiewe uitwerking op ’n mens. Adrenalien vra vir ’n uitlaatklep – dis soos water wat opdam en op ’n dag bars dit oor damwalle en stroom deur alles.

’n Mens is so siek soos die geheim wat jy dra. Kan ’n mens ’n geheim namens iemand dra? Wie se siekte is dit dan?

Die rede is omdat ’n mens al jou energie gebruik om die geheim te onderdruk. Ek sien dikwels die verligting wat mense ervaar as die storie net eers uit hul sisteem is. Ek luister na baie mense se geheime. Dit het net ’n uitwerking wanneer my gedagtes aanhou daarom wentel.

Hoe raak jou skryfwerk jou en jou gesin?

’n Groot deel van my lewe behoort aan my gestremde dogter en daarom moes ek leer om spesiaal tyd in te ruim om te skryf.

Ek skryf op my beste wanneer dit doodstil is en niemand by die huis is nie. Wanneer niemand my nodig het nie, want ek voel te maklik skuldig as ek nie dáár is nie.

Maar ek besef te goed, ek móét skryf. Skryf hou my gefokus en laat nie veel tyd toe vir onnodige drama nie. Skryf maak van my ’n beter mens.

Jy bring gebeure in verband met jou eie menswees en groei. Sou dit vir jou werk met die skryf van fiksie?

Ek is so dankbaar ek kon die stories uit my skryf, want met my volgende projek, wat fiksie is, wil ek geen reste van stories in my kop hê nie. Dit moet heeltemal nuut wees.

Ek is bitter bang, maar dis ’n nuwe fase en ek weet ek moet. Met die skryf van Bloedvreemd en Oorkant jou, het ek my indirek losgemaak van al my herinneringe en hoop om vorentoe nuut te skep. Ek het genoeg gehad van my.

Meer oor:  Skrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.