Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Skryf ’n roman op Stilbaai

Leer die fynere kunsies van romanskryf by die derde Winnie Rust- Afrikaanse skryfskool wat van 28 Februarie tot 4 Maart, knap voor die Woordfees, op Stilbaai aangebied word deur The Talking Table. Die aanbieders is die bekroonde skrywers Ingrid Winterbach en Kerneels Breytenbach en die oudredakteur en -uitgewer Frederik de Jager.

Daar is vir slegs tien aspirantskrywers plek en aansoeke sluit op 28 Januarie 2020. Die kursusgangers, wat in die oggende werk en smiddae vry is, woon almal saam in outydse strandhuise en sit saans aan om ’n langtafel vir hartlike kos en eersterangse geselskap.
Dit kos R13 000 (enkelkamer) of  R11 500 (dubbelkamer) per persoon, wat verblyf, ontbyt, een langtafel-ete per dag en die kursusmateriaal insluit.

Dieselfde aanbieders bied op  6 Maart 2020 ’n eendag-slypskool aan by Lanzerac buite Stellenbosch as deel van die US Woordfees. Dit kos R850, middagete ingesluit. Bespreek by Computicket. ) Besoek www.thetalkingtable.com vir meer inligting of stuur ’n e-pos na info@thetalkingtable.com om vir die Winnie Rust-skryfskool te bespreek.

Meer oor:  Ingrid Winterbach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.