Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Skryf in vir Groot Afrikaanse Romanwedstryd

Met prysgeld van altesaam R350 000 is inskrywings vir die Groot Afrikaanse Roman-wedstryd nou oop.

NB-Uitgewers se wedstryd, wat al deur skrywers soos Ingrid Winterbach en Dan Sleigh gewen is, bied die grootste beloning onder plaaslike wedstryde aan sowel as die geleentheid om by Suid-Afrika se grootste plaaslike uitgewer te publiseer.

Die wenner ontvang R200 000 en die tweede en derde pryswenners ontvang R70 000 en R40 000.

Skryf nou in
Ingrid Winterbach Foto: Brenda Veldtman

’n Debuutprys van R40 000 is ook op die spel.

“Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd se doel is om talentvolle nuwe aspirantskrywers aan te moedig om te skryf, én om ervare skrywers aan te moedig om nuwe manuskripte te voltooi,” sê Marga Stoffer, uitgewersbestuurder van NB-Uitgewers.

“Ons het 90 inskrywings vir die vorige wedstryd ontvang, en hoop dat die aantreklike pryse en die prestige van die wedstryd Afrikaanse skrywers weer eens sal inspireer om hul manuskripte vir die wedstryd gereed te kry.”

Die Groot Afrikaanse Roman-wedstryd word deur NB-Uitgewers geborg en word elke drie jaar toegeken.

In 2012 het Winterbach met haar roman Die aanspraak van lewende wesens gewen.

Sleigh was in 2015 die wenner met sy roman 1795 en in 2018 het Winterbach met Die troebel tyd weer gewen.

Skryf nou in
Dan Sleigh Foto: Michael Hammond/Foto24

Die Groot Afrikaanse Roman-wedstryd het ontwikkel uit die destydse Sanlam/Insig Groot Roman-wedstryd wat later die Sanlam-romanwedstryd geword het.

Deelnemers kan hulle manuskripte voorlê aan enigeen van NB-Uitgewers se fiksiedrukname, naamlik Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie of Kwela. NB-Uitgewers het die eerste opsie om alle romans wat ingeskryf word te publiseer. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Augustus 2020 en manuskripte word vanaf 1 Junie 2020 aanvaar.

Die wedstrydreëls en inskrywingsvorm is aflaaibaar by http://bit.ly/GrootAfrikaanseRomanwedstryd2021.

Skrywers kan navrae telefonies rig by 021 406 3412 of ’n e-pos na romanwedstryd@nb.co.za stuur.

Meer oor:  Nb-Uitgewers  |  Ingrid Winterbach  |  Boeke  |  Skrywers  |  Letterkunde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.