Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Bird Island-medeskrywer by simposium in Jhb dié week
Chris Steyn Foto: Jaco Marais

Om die waarheid in die hedendaagse tydsgees te skryf en dié vrees te oorkom, is die fokus van die sesde simposium vir Afrika-vroueskrywers wat Donderdag in Johannesburg begin.

Skrywers wat aan dié gratis simposium, wat van Donderdag tot 6 Desember in die Joburg-teater in Braamfontein en in die Hillbrow-teater deelneem, sluit in Chris Steyn, medeskrywer van Die seuns van Bird Island, en die omroeper en aanbieder Redi Tlhabi, skrywer van die boek Kwezi, oor Fezekile Ntsukela Kuzwayo wat oudpres. Jacob Zuma van verkragting beskuldig het.

Hulle neem Vrydag om 18:30 deel aan die gesprek “Writing the Truth in Contested Times” in die Joburgteater. Nomboniso Gasa, aktivis en ’n navorser oor grond- en genderkwessies, is die gespreksleier.

Redi het in 2013 die Alan Paton-prys vir niefiksie vir haar memoires Endings and Beginnings ontvang.

“Die simposium fokus op vroue en hedendaagse kwessies,” sê Roshnie Moonsammy, die organiseerder.

Leila Aboulela

“Dit gaan basies oor skryf in die hedendaagse tydvak, in ag genome politieke en maatskaplike kwessies. Daar is baie uitdagings waardeur skrywers in die gesig gestaar word.”

Mense wat die simposium bywoon, sal vrae kan vra en werksessies bywoon.

Die eerste gesprek is Donderdag om 18:30 en handel oor rassisme en marginalisering met die Suid-Afrikaanse skrywer Malaika Mahlatsi as die gespreksleier.

Mahlatsi is die skrywer van onder meer Memoirs of a Born Free: Reflections on the Rainbow Nation.

Willie Perdomo

“Hoewel dit ’n vroueskrywersimposium is, sluit ons nie mans uit nie,” sê Moonsammy.

Een so ’n skrywer is die Afro-Latynse digter Willie Perdomo, ook ’n uitgewer en akademikus, wat deel van die paneel vorm tydens die gesprek ook rassisme en marginalisering.

Nosipho Mthembu, voorheen ’n onderwyser aan die Rustenburg School for Girls in Kaapstad, en prof. J. Ndlovu Gatsheni (Unisa) is die ander paneellede.

Die vierde Nadine Gordimer-gedenklesing word op 6 Desember om 18:30 deur die bekroonde Soedannese skrywer Leila Aboulela aangebied.

Redi Tlhabi

Sy is die skrywer van boeke soos The Kindness of Enemies, The Translator, ingesluit op The New York Times se 2006-lys van 100 belangrike boeke van die jaar, Minaret en Lyrics Alley. Aboulela was in 2000 die eerste ontvanger van die Caine-prys vir Afrika-skryfwerk.

“Ek is altyd verstom oor die gewildheid van so ’n literêre byeenkoms,” sê Moonsammy.

“Dit is te danke aan die toeganklikheid daarvan. Mense kry die geleentheid om eerstehands met skrywers te kommunikeer en by hulle te leer. Hulle reken hulle kan al die internasionale kwessies met die skrywers aanroer en hulle geniet die werksessies. Mense soek na nuwe idees. Dit is opvallend dat al hoe meer jong mense dit bywoon, wat vir my baie verblydend is.”

Al die gesprekke is gratis, maar dit is belangrik om te bespreek.

* Besoek die Facebook-blad “African Women Writers Network” vir meer inligting.

* Stuur ’n e-pos aan afroartsurban@gmail.com en urbanart10@gmail.com om te bespreek.

Meer oor:  Chris Steyn  |  Redi Tlhabi  |  Joburgteater  |  Hillbrow  |  Braamfontein  |  Boeke  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.