Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Skrywer Engemi Ferreira sterf
Engemi Ferreira

Die skrywer Engemi Ferreira, bekend om haar novelle Die jaar toe my ma begin sing het, is Donderdag dood.

Ferreira (76), wat aan diabetes gely het, het die afgelope naweek geval en haar sleutelbeen gebreek.

Die jaar toe my ma begin sing het is in 1988 uitgereik en is destyds as die naaswenner van die ATKV-prosaprys aangewys.

’n Bundel kortverhale, Brood vir die engele, is in 1995 uitgereik.

Sy het in Vermont in die Wes-Kaap gewoon en word deur haar man en ses kinders oorleef.

Meer oor:  Boeke  |  Engemi Ferreira
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.