Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Skrywer Harry Kalmer sterf

Die bekroonde skrywer Harry Kalmer (62) is Vrydag in Johannesburg dood. Hy het kanker gehad. 

Sy laaste roman, In ‘n land sonder voëls, het vroeër vanjaar by Penguin verskyn. 

Hy was getroud met Sanpat Hattingh en hulle het twee kinders, Daniel en Jana.

Kalmer, wat voorheen by die AAA-advertensieskool in Randburg klasgegee het, is ook bekend om toneelstukke soos Die Bram Fischer Wals en Weg. Hy het verskeie ander suksesvolle toneelstukke geskryf.

Sy eerste roman, X-Ray Visagie en die vingers van God, het in 1993 verskyn en hy het verlede jaar die Barry Ronge-prys gekry vir die vertaling van 'n Duisend stories oor Johannesburg: 'n Stadsroman

Rapport-lesers sal veral sy reeks rubrieke oor die karakter Vlieger onthou. Dié reeks wat hy vir Rapport se destydse tydskrif, MyTyd, geskryf het, het later in boekvorm verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.