Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Skrywer span hier ’n wye doek

Historiese Fiksie

Noorman

SD Fourie

PENGUIN, R250

Kan ’n roman wat lekker lees letterkundige waarde hê?

SD Fourie handhaaf ’n fyn balans tussen vermaak en die beligting van lewensvraagstukke om met Noorman ’n aangrypende verhaal van epiese omvang te vertel.

Vir hierdie karaktergedrewe storie wat met die verloop van die Suid-Afrikaanse geskiedenis oor byna ’n honderd jaar verstrengel raak, span Fourie ’n wye doek.

Die afwisselende fokalisering is om daardie rede funksioneel. Die brose web van verhoudings tussen mense, almal met hul eie spoke en demone, kom so spannend aan bod.

Die brose web van verhoudings tussen mense, almal met hul eie spoke en demone, kom so spannend aan bod.

Op 13 Julie 1920 speel ’n verskriklike tragedie op die plaas Hagelkraal af. Robert MacFarlane oorleef byna nie die dag nie. Danksy Louisa, ’n dogtertjie wie se ouers op die plaas Vredehoek werk, word hy na veiligheid geneem waar sy hom in die geheim versorg. Sy noem hom haar Noorman.

Noorman dra etlike geheime met hom saam. Hy waardeer die kind se bemoeienis met hom, maar haar teenwoordigheid in sy huis is nie vir hom geleë nie.

MacFarlane se lewenspad kruis hiervandaan met uiteenlopende mense. Dit is met die altruïstiese Abram Levinson en sy beeldskone dogter Sara op Boskloof met wie hy ’n intieme band smee.

Die mense op Vredehoek is ’n ander storie. Die waterserwituut op die stukkie grond waar sy nederige woning is, bevorder nie juis goeie buurmanskap met die Neethlings nie. Maria Neethling se riskante belangstelling in MacFarlane kompliseer sake verder. Louisa verdwyn ook nooit van die toneel af nie.

Of dit Frankryk, Skotland, of die Strandveld met sy pastorale tonele en manier van lewe is, maak nie saak nie. Vriendskappe en vyandigheid is nou eenmaal ’n universele uitdaging.

Noorman betrek temas soos identiteit, ras en skuld op ’n sonderlinge wyse.

Francois Bekker is ’n vryskutresensent van Pretoria.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.