Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Skrywers kyk op Open Book na die verlede

“Die geskiedenis is in die hede,” sê Mariana Enriquez, ’n Argentynse skrywer in die gesprek Living with History op die eerste dag van die Open Book-fees in Kaapstad.

Enriquez was saam met die Jamaikaanse skrywer Nicole Dennis-Benn en die Suid-Afrikaanse skrywer Craig Higginson deel van ’n paneel wat gepraat het oor hul onderskeie boeke wat handel oor ’n geskiedkundige konteks waarmee hul karakters sukkel.

Craig HigginsonFoto:

Higginson het spesifiek oor sy boek, The White Room, gesels en erken dat sy karakters geplaas is in die milieus – Parys, Suid-Afrika en Zimbabwe – waar hy al tevore gewoon het.

Die boek handel oor Hannah Meade, ’n dramaturg, wat ’n Kongolese student op wie sy verlief was, nooi na die openingsaand van haar nuwe toneelstuk.

“Ek het grootgeword in ’n diktatorskap in Zimbabwe en toe ons Suid-Afrika toe trek, was ek nóg meer bewus hoe geskiedenis en politiek mense se lewens beïnvloed.

Enriquez se kortverhaalboek, The Things We Lost in the Fire, handel oor die geografiese en historiese geskiedenis van Argentinië in hul hede.

Sy gebruik spookstories en grafiese tonele in elke kortverhaal om aan haar landgenote te illustreer hoe hulle steeds toelaat dat geld en politiek die sweep in hul samelewing klap.

Op haar beurt wys Dennis-Benn in haar boek aan Jamaikane op die voortdurende Europese standaarde van velkleur, skoonheid en ordentlikheid in hul samelewing. Sy erken dat haar land ’n groot toeristetrekpleister is en daarom beskou die landsburgers hulself as ambassadeurs wat nie buitelandse opvattings oor hul land wil verander nie.

Al drie erken dat die verlede altyd ’n manier vind om na die hede deur te syfer en daarom kan dit nie geïgnoreer word nie. “Dit moet aanvaar en konstruktief ondersoek word,” sê Higginson.

“Politiek is al waaroor almal praat. Daarom moet ons ’n bewussyn kweek wat gemaklik daarmee kan raak,” sê Enriquez.

Tog erken die skrywers dat geskiedenis ook misbruik kan word en dat daarteen gewaak moet word.

Die Open Book-fees duur tot op Sondag 9 September in die Fugard-teater.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.