Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Skrywers vereer in ‘Hulde aan helde’
Dr. Dan Sleigh Foto: Michael Hammond

Van J.R.R. Tolkien tot Dalene Matthee word vanjaar op die Vrystaat Kunstefees se literatuurfees gehuldig.

Die reeks gesprekke “Hulde aan helde” word in samewerking met die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (Naln) aangebied.

Volgens Corneli van den Berg, die koördineerder van die literatuurfees, het hulle met die afronding van die program twee vertrekpunte gebruik: histories en sistematies.

“Histories, eerstens, is dit vanjaar die 100ste herdenking van Nelson Mandela se geboorte, en daarom trek ons ook verbande met die jaar 1918.” Soos dat C.J. Langenhoven “Die Stem” in 1918 geskryf het.

Dan Sleigh, Hermann Giliomee en Matthee (1938-2005) se 80ste verjaardae word gevier, terwyl Flaxman Qoopane, wat verlede jaar dood is, gehuldig word as ’n held van die

Dalene Matthee

Mangaungse literêre wêreld.

Op 10 Julie om 18:00 word daar gesels oor Langenhoven die mens, sy digkuns en skryfwerk, en sy nalatenskap.

Die gesprek oor Matthee is op 13 Julie om 09:00. Dit is vanjaar die 30ste herdenking van die fliekweergawe van die bekroonde Fiela se kind.

Sleigh en Giliomee, skrywers en gerekende historici, is op 11 Julie om 18:00 in gesprek met mekaar.

Die huldeblyk aan Qoopane op 12 Julie om 14:00 sal ’n lesing oor sy boeke, en dié wat oor hom geskryf is, insluit, sowel as ’n oudiovisuele uitstalling gefokus op die Qoopane- literêre galery.

Die laaste held wat in die reeks gevier word, is die befaamde Tolkien, wat in Bloemfontein gebore is en tot op driejarige ouderdom daar gewoon het.

Hermann GiliomeeFoto: Edrea du Toit

Op 12 Julie om 16:30 is daar ’n toer wat feesgangers na van die belangrikste plekke in Tolkien se jong lewe in die stad neem. Philip de Vos sal die toer saam met Lategan aanbied. Die toer eindig met skemerkelkies en ligte versnaperinge by The Hobbit House.

* Al die gesprekke vind by Naln plaas.

Meer oor:  Vrystaat Kunstefees  |  Bloemfontein
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.