Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Skrywersbond begin skryf- en kunskompetisie

Die Amateurskrywersbond (ASB) het ’n skryf-, dig- en kunskompetisie uitgeskryf om die aandag te vestig op die nood waarin Moeder Natuur verkeer.

Volgens ’n mediaverklaring is die onderwerp van die kompetisie, bekend as Aard-SOS, “enigiets oor of gebeure op ons aardbol – hetsy goed of sleg”.

In die skryfafdeling gaan leerlinge en volwassenes apart meeding en moet hulle “feite in ’n storie verwerk met mens- of dierekarakters, byvoorbeeld erdwurms, elektriese motors, rioolwerke, brande, oorstromings, fabriekbesoedeling, die osoonlaag, ens.”

Dit geld ook die dig-afdeling, waar leerlinge en volwassenes afsonderlik meeding.

Die kunsafdeling het drie kategorieë en is net oop vir leerlinge. Die eerste kategorie is vir eendimensionele kuns op ’n plat oppervlak, die tweede vir driedimensionele kuns en die derde vir driedimensionele kuns wat deur ’n hele klas saam gemaak en ingeskryf word.

In dié afdeling “bou die leerling of klas ’n model – soos, byvoorbeeld, ’n gebou – van ’n gebeurtenis op die aarde, byvoorbeeld, ’n olietenkskip wat sink, ’n dorpie met windlaaiers en sonpanele, ensovoorts.”

Die inskrywings in die kunsafdeling moet afgeneem en die foto’s daarvan ingeskryf word.

Die sluitingsdatum is 31 Augustus 2020. Pryse van R12 000 is op die spel. Weninskrywings sal ook in ’n bundel gepubliseer word.

Stuur e-pos aan Ernie Mellet by erniemellet@gmail.com vir nog inligting of stuur ’n SMS met die woord AARDSOS en jou e-posadres na 079 333 0055.

Meer oor:  Skryf  |  Digkuns  |  Boeke  |  Kuns  |  Visuele Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.