Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Sluit aan by pres. Ramaphosa se boekklub

Boekwurms sal in hul noppies wees dat pres. Cyril Ramaphosa sy eie boekklub begin het.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Deaan Vivier

Volgens SAnews, die Suid-Afrikaanse regering se nuusagentskap, het Ramaphosa ’n virtuele boekklub, bekend as die “President’s Reading Circle”, in samewerking met die Nasionale Leesvereniging (NRC) begin.

Die boekklub is glo oop vir oud en jonk wat wel belese is, maar ook dié wat begin om die geskrewe woord te verken.

“Dit is waar ons nuwe en ou boeke gaan lees; waar ons skrywers en hul lesers gaan komplimenteer en kritiseer, en waar ons met erns en humor in wisselwerking gaan tree om ’n gemeenskap van lesers te bou,” sê die NRC, volgens SAnews.

Die boekklub volg op Ramaphosa se wekroep vroeër vanjaar dat Suid-Afrikaners hulle in lees moet verdiep en ’n land van lesers moet word.

Volgens navorsing wat internasionaal gedoen word om leesgeletterdheid te bepaal (PIRLS), wat gr. 4-leerlinge se leesbegrip getoets het, was Suid-Afrika in 2016 laaste op ’n ranglys van 50 lande.

Die boekklub gaan glo poog om dié ongesonde leeskultuur om te swaai.

Inligting oor die klub is nog skraps: Dit is nog nie bekend of Ramaphosa die boeke self sal kies, in watter tale die boeke sal wees, en hoe gereeld nuwe boeke vir die boekklub aangewys sal word nie.

Die NRC het reeds 14 boeke op sy webwerf vir die sogenaamde #ReadingRevolution voorgestel, waaronder Little Me Wants to Be deur Michelle Lockett, Malala: My Story of Standing Up for Girls’ Rights deur Malala Yousafzai, Our Story Magic deur Gcina Mhlophe, The Day Gogo Went to Vote deur Elinor Sisulu, The New Century of South African Short Stories deur Michael Chapman, Grit deur Angela Duckworth, If I Could Sing deur Keorapetse Kgositsile, Still Grazing deur Hugh Masekela, Frontiers deur Noël Mostert, The Uncertainty of Hope deur Valerie Tagwira, The Alchemist deur Paulo Coelho, Little Suns deur Zakes Mda, Americanah deur Chimamanda Ngozi Adichie en I Write What I Like deur Steve Biko.

Belangstellendes kan op die NRC se webwerf, www.nrc.org.za, by Ramaphosa se boekklub aansluit.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.