Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Slypskool gaan voort ondanks virus
Rachelle Greeff, aanbieder van die Afrikaanse prosa-skryfskool in die Breytenbach-sentrum in Wellington, is regs onder op die skerm gedurende Saterdag se Skype-aanbieding van haar studente se maandelikse gespreksessie. Links van haar is Henri Retief, en bo van links is Arrie de Beer en Lynette van Rensburg. Foto: Marianne Vorster-Meyer

Die koronavirus wat Suid-Afrika en groot dele van die wêreld feitlik tot stilstand gedwing het, kon nie die Breytenbach-sentrum in Wellington se Afrikaanse prosa-skryfskool keer nie. Al 13 studente van die skryfskool, wat die vyfde jaar deur die bekroonde Rachelle Greeff aangebied word, het Saterdag via Skype met haar vergader. Die skryfskool, wat die afgelope drie jaar reeds met die ondersteuning van die Jannie Mouton-stigting aangebied word, vind oor tien maande plaas.

Greeff en haar studente het gewoonlik elke eerste Saterdag van die maand ’n gespreksessie in die Breytenbach-sentrum.

Francois Lötter, uitvoerende bestuurder van die sentrum, sê Greeff het ná pres. Cyril Ramaphosa se afkondiging oor die nasionale inperking van 21 dae saam met die studente besluit om in elkeen se inperkingsblyplek digitaal met April se sessie voort te gaan.

Greeff sê dit is ’n eerste en verskeie opsies is oorweeg. Daar is uiteindelik op Skype besluit en hoewel daar hier en daar tegniese haakplekke was, het alles goed en suksesvol afgeloop.

Volgens Lötter word die kursus oor tien maande aangebied om voldoende ontwikkelingstyd te gee aan opkomende skrywers wat ernstig is om hul skryfvaardighede te ontwikkel en publiseerbaar te kry.

“Hoewel Greeff en die studente gereeld per e-pos individuele kontak met mekaar het, bestaan die maandelikse byeenkomste uit praktiese werk- en besprekingsessies.

“Die sessies word aangevul deur genooide gassprekers soos uitgewers, gevestigde skrywers, joernaliste en boekhandelaars wat oor die verskeie aspekte van die skryfproses en boekebedryf gesels.”

Van die gepubliseerde skrywers van boeke wat al die skryfskool bygewoon het, sluit in Irna van Zyl, skrywer van verskeie misdaadboeke, Lize Albertyn-du Toit, wat verlede jaar met Die kinders van spookwerwe gedebuteer het, Jean-Pierre de Kock met Die Daggaboer en Willem Krog, wie se roman, Alleen onder die maan, pas verskyn het. ’n Debuutbundel met Afrikaanse kortverhale van nog ’n oudstudent, Brian Fredericks, verskyn vanjaar met die titel Green Eyes.

Meer oor:  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.