Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Snakskrif nie vir sensitiewe lesers nie

Fiksie

Dominique

Erla-Mari Diedericks

LAPA, R250

Wat het ons hier? wonder ’n mens oor Erla-Mari Diedericks se Dominique.

Daardie Shades of Grey-dingetjie wat Afrikaans die een of ander tyd móés tref? ’n Boek met geforseerde beelding soos “(. . .) die karnivoriese mond van die donker parkeergarage (. . .)” op bl. 23? Of ’n roman wat so sinies is dat jy daaraan kan stik, soos op bl. 60: “Van wanneer af is mans vrygewig met liefde?”

Maar hoe kan jy nié sinies wees as jy seks aan veral getroude mans verkoop nie?

Dominique (in Latyn beteken dit “Heer”) is ’n “courtesan”. Sy onthaal mans in haar slaapkamer en doen dinge aan en vir hulle wat hul eie vrou nooit sal nie. Daarby skilder sy selfportrette waarin sy haarself in gekompromitteerde posisies uitbeeld. Sy word geteister deur ’n agtervolger, dalk twee. Die “agtervolger” laat bewyse in haar woonstel dat hy daar was wanneer sý nie was nie. Hy of sy stuur bosse blomme en Whats­App-boodskappe. Die lys ver­dagtes is lank. Dominique vra Philip­, ’n oud-“kliënt” en polisiebeampte, om hulp. Dis naelbyt-intrige.

Die een aspek wat die verhaal daarby anders as ander spanningsromans maak, is die frekwensie van seks en die grafiese, amper wrede detail waarmee dit aangebied word: As daar iets is soos ’n hygroman, is dit ’n snak­roman.

Dominique is geïnspireerd en dit voel nooit asof seks bygesleep is as sensasionele skoktegniek nie.

Dominique se traumatiese kinderjare dreig om ’n bygesleepte motivering vir haar leefstyl te wees eerder as ’n volwaardige katalisator, maar al bied die gegewe soveel slaggate waarin die skrywer sou kon trap, kán sy ’n storie vertel: Dominique is geïnspireerd en dit voel nooit asof seks bygesleep is as sensasionele skoktegniek nie. Alles in dié verhaal maak sin en daar is geen rede hoekom grafiese seks nie die ruggraat van ’n goed geskrewe spanningsroman, eintlik ’n sielkundige riller, kan wees nie. As jy lus het vir ’n anderste roman.

Publikasiedatum: 1 Mei.

  • J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes.
Meer oor:  Erla-Mari Diedericks  |  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.