Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Só kring verlies, trauma uit

Misdaadfiksie

The Mist

Ragnar Jónasson

Penguin, R290

Ysland publiseer volgens die skrywer Yrsa Sigurðardóttir jaarliks ongeveer 800 boeke vir ’n bevolking van ’n skamele 360 000 – 200 000 minder as Bloemfontein.

Die land se benydenswaardige lees- en storievertel-kultuur en 99% geletterdheidsyfer kan nagespeur word tot by die Ysland-sages in die 1200’s. Sedertdien dra moderne tradisies soos Jólabókaflóð, wanneer boeke as Kersgeskenke gegee en op Kersaand gelees word, by tot Ysland se liefde vir stories.

Danksy Skandi-Noir se gewildheid en bedrewe vertalers is letterkunde uit Ysland en die res van Skandinawië deesdae ook beskikbaar vir die res van die wêreld. Aan die voorpunt van die Yslandse besetting staan die kroonprins van misdaadfiksie, Ragnar Jónasson.

Op 15 het Jónasson Agatha Christie se misdaadfiksie in die plaaslike biblioteek ontdek en op 17 het hy haar boeke in Yslands begin vertaal.

The Mist (vertaal deur Victoria Cribb), is die derde en laaste aflewering in sy Hidden Iceland-reeks.

In die eerste boek, The Darkness, is ons bekendgestel aan Hulda Hermansdóttir van die Reykjavik-polisiediens, ’n speurder op die punt van aftrede. Jónasson dop die logiese chronologie van ’n misdaadreeks op sy kop deur te begin by die einde van Hulda se lewe. Parallel met verskeie moordsake onthul die twee daaropvolgende boeke stukkie vir stukkie die verloop van haar loopbaan, sowel as persoonlike struikelblokke en uitdagings.

The Mist speel 30 jaar tevore in 1988 af. In die godverlate oostelike streek van Ysland voer Einar en Erla ’n geïsoleerde plaasbestaan in ’n ongenaakbare landskap.

Op die vooraand van Kersfees verskyn ’n verlore vreemdeling op die egpaar se drumpel en gure weersomstandighede noodsaak dat hy langer moet vertoef.

Op die vooraand van Kersfees verskyn ’n verlore vreemdeling op die egpaar se drumpel en gure weersomstandighede noodsaak dat hy langer moet vertoef. Wat volg is ’n sielkundige kat-en-muis speletjie met ’n rampspoedige eindresultaat. Hulda word ingeroep om die saak te ondersoek te midde van ’n skokkende familie-voorval waarvoor sy haarself kwalik neem. Daarbenewens was sy nog nie suksesvol om die verdwyning van Unnur, ’n 20-jarige van Reykjavik, op te los nie.

Hoewel Jónasson duidelike elemente van Christie se styl weerspieël, is sy aanwending van atmosfeer en landskap om die wisselwerking tussen onheil, isolasie en vrees uit te beeld, enig in sy soort. Ysland se landskap en weersomstandighede bied die ideale agtergrond vir moord en Jónasson benut dit ten volle.

The Mist is meer as net ’n studie van Ysland se weersomstandighede. Die verrassende sameloop van storielyne en die rimpeleffek wat verlies en trauma op ’n groep gebroke mense het, sorg vir genoegsame spanning en intrige.

Sonja van der Westhuizen is ’n vryskutresensent van Stellenbosch.

Meer oor:  Resensies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.