Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Spanning op ’n mespunt

Misdaadfiksie

Knife

Jo Nesbo

HARVILL SECKER, R290

Saam met Henning Mankell se Kurt Wallander en Stieg Larsson se Lisbeth Salander is Jo Nesbo se Harry Hole ongetwyfeld heel bo aan my lys van gunsteling-Skandi-noir-karakters.

Ná die uitmuntende The Thirst in 2017, het Nesbo hom gewaag aan William Shakespeare se Macbeth, en die verhaal omskep in ’n moderne polisieverhaal, wat heelwat kritiek ontlok het. Ons sien dit ook met plaas­like krimi’s: hulle beweeg te ver weg van lesers se verwagtinge en gevestigde temas, en jy is op dun ys, pappie.

Gelukkig het Nesbo besluit om terug te keer na sy geliefde, gefolterde speurder, met Harry Hole wat in Nesbo se 12de roman dalk net sy grootste uitdagings nóg moet trotseer. Knife, soos te verwagte van ’n Nesbo, is lywig – gemaklik oor die 500 bladsye – en daar is bitter min om voor neus op te trek wat betref Nesbo se kleurvolle, gespierde prosa, wat volop detail, onverwagse vergelykings en beskrywings van Oslo is, en karakters behoorlik lewe gee.

In Knife, direkte opvolg vir The Thirst, word die mes behoorlik gedraai vir die briljante Hole: Hy het van die waterkar af gedonder, sy geliefde het hom uitgeskop, en ’n onafgehandelde saak wat hy ondersoek, blyk direk verwant te wees aan nuwe aanvalle gerig op vroue deur die misdadiger bekend as “The Fiance”. Svein Finne se identiteit is ’n belangrike skakel in Knife.

Finne het ’n persoonlike versameling van 26 messe – van die Indiese Rampuri en die Finse puukko tot die Indoniesiese karambit, wat soos ’n tierklou gevorm is. Hol­e se benarde posisie raak nog meer onuithoudbaar wanneer iemand baie na aan hom grusaam vermoor word, en hy die hoofverdagte in die ondersoek word.

Weer is daar Hole se haas ongelooflike gawe om die skone geslag uit te boul, en ondanks sy suipery is hy steeds so skerp soos altyd.

Tog kry Nesbo dit reg om vir sy gunsteling- tematiese gegewens – geweld en trauma, die sielkunde en profilering, die psige van die ondersoeker en die moordenaar, die foutlyne tussen biologie en boosheid, seks en seksualiteit, en die aard van ouerskap en ouer-kind-verhoudings – ’n nuwe baadjie aan te trek.

Nesbo balanseer die spanning op ’n mespunt ten spyte daarvan dat hy lesers meer as ooit tevore uitdaag deur verskillende karakters en verhaallyne stelselmatig uit te bou.

Jonathan Amid is ’n vryskuttaalpraktisyn en -resensent van Stellenbosch.

Meer oor:  Knife  |  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.