Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Spesiale bundel van vriende se werk vir Coetzee se 80ste

’n Bundel met voorheen ongepubliseerde werk deur skrywers wie se boeke die Suid-Afrikaans gebore skrywer J.M. Coetzee graag lees, is te viering van sy 80ste verjaardag uitgereik.

Dorothy Driver, Coetzee se lewensmaat, het sy vriende uitgenooi om vir A Book of Friends bydraes te lewer.

‘A Book of Friends’ is ter viering van J.M. Coetzee se 80ste verjaardag uitgereik.

Coetzee het in Februarie sy 80ste verjaarsdag gevier.

Die bundel belig onder meer die vriendskappe wat hy in die literêre gemeenskappe in Suid-Afrika, Australië en Suid-Amerika gesmee het.

Dit bestaan uit gedigte en uittreksels uit romans, terwyl dit ook visuele kuns insluit.

Die Amazwi-letterkundemuseum in Makhanda het die bundel in Suid-Afrika uitgereik, terwyl Text Publishing dit in Australië, waar Coetzee woon, uitgereik het.

Skrywers soos Antjie Krog, Zoë Wicomb, Marlene van Niekerk, Ivan Vladislavíc en die visuele kunstenaar William Kentridge het hieraan deelgeneem.

“Ek het dit net agt maande voor sy verjaardag beplan,” sê Driver, navorsingsgenoot aan die Universiteit van Adelaide in Australië.

“Daarom kon ek nie van sy vriende verwag om spesiaal iets nuuts te skryf nie, hoewel sommige van hulle dit wel gedoen het. Ek het hulle gevra om bloot sekere skryfwerk of kuns aan hom op te dra. Baie van hulle het hul werk beskikbaar gestel sonder enige vergoeding of tantièmes.”

Driver het meestal nie Amerika ingesluit nie omdat “dit ’n land is waaraan John (Coetzee se voornaam) nie veel erg het nie”.

Daar is wel enkele bydraes uit Amerika, soos dié van Jonathan Lear en Robert Pippin van die Komitee vir Sosiale Denke aan die Universiteit van Chicago, omdat Coetzee die tyd geniet het wat hy daar deurgebring het.

J.M. Coetzee

Wicomb se bydrae is ’n uittreksel uit haar jongste roman, Still Life, wat onlangs deur Penguin Random House uitgereik is.

“Toe ek Zoë genader het, was haar boek nog nie klaar of vir publikasie aanvaar nie. Ek het mense uitgenooi en ek het aanvaar wat hulle aan my gestuur het. Ek het almal gevra om ongepubliseerde werk te stuur. Net een skrywer het iets gestuur wat voorheen aanlyn verskyn het. Daar was geen stipulasie dat die werk na hom moet verwys nie, maar sommige skrywers doen dit wel.”

Coetzee het geen idee gehad dat die boek saamgestel word nie en het dit eers ontdek toe Driver vir hom die boek in sy hande gegee het.

Coetzee was in Makhanda tydens sy 80ste verjaardag.

A Book of Friends kos R250 en kan by die Amazwi-letterkundemuseum in Makhanda en by die Olive Schreiner-huis in Cradock gekoop of bestel word.

Bel die museum by 046 622 7042 of stuur ’n e-pos na c.warren@amazwi.museum.

Bel die Olive Schreiner-huis by 048 881 5251 of stuur ’n e-pos na Leon van Wyk, die kurator, by oschreiner@telkomsa.net.

Meer oor:  J.M. Coetzee  |  Makhanda  |  Letterkunde  |  Boeke  |  Skrywers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.