Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Sterk storie te vroeg uit die oond

Fiksie

Gam se tjind

Aubrey Cloete

REACH PUBLISHERS, R180

Die omslag van Gam se tjind suggereer dat ’n baie sensitiewe, aktuele onderwerp binne die omslag aangeraak gaan word en sinspeel daarop dat die leser kan verwag om die pyn en oorwinning van die slagoffer te ervaar.

Selfs die titel gee half die voorsmakie van weggooi-mense.

Die nuus is elke dag deurspek met presies sulke stories soos wat die skrywer hier beloof om te vertel. En, sou mens hoop, al is die boek fiksie, dit tog ’n slim manier sou wees vir moontlike slagoffers om die pad van aanvaarding, woede en uiteindelik oorwinning te loop.

Hier val die boek heeltemal plat. Dis soos ’n koek wat te gou uit die oond gehaal is, of ’n belangrike bestanddeel soos bakpoeier makeer. Ek was bladsy ná bladsy hoopvol die storie gaan ’n besliste rigting inslaan, maar helaas het dit nooit gebeur nie.

Dit is ’n baie dun boekie – 66 bladsye – tog het ek lanklaas soveel verwarring ervaar. Geen van die hoofstukke het ’n duidelike storielyn of een wat deurgevoer word nie. Net so is daar nie ’n duidelike deurvoer as daar tussen Terence as kind en Terence as volwasse man se stories gespring word nie.

Plek-plek is die vertelling in die eerste persoon, in ander die derde persoon, maar daar is niks wat die leser lei nie.

Hoekom noem ek al hierdie hobbels? Want êrens tussen al die amper onsamehangendheid verdwyn wat ’n baie belangrike – en tydige – onderwerp van kindermolestering is. Nog nooit was daar ’n groter behoefte om hier gruwelike misdaad teenoor kinders oop te praat en oop te skryf nie.

As onderwyser is die skrywer perfek geplaas om hierdie narratief te lei, maar êrens tussen die hoofkarakter se eie sekskapades raak hy die spoor heeltemal byster.

Ek wens ’n redakteur met ’n skerp oog en skerp pen het hier ingegryp, want die basis is daar. Dit het net nie lank genoeg gebak nie.

Ronelle Simmons is ’n vryskutresensent van Johannesburg.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.