Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Storie sal jou die skrik op die lyf jaag

Kamp vir monsters

De Wet Hugo

HUMAN & ROUSSEAU, R140

Kinder- en jeugfiksie (9-12)

Die drie Grilgrypers-boeke (Die vloek van Vreesbaai, Web van mummies en Kamp vir monsters) is deel van ’n reeks, maar dis nie boeke wat op mekaar volg nie.

Jy hoef nie die een te gelees het om te weet wat in die ander een aangaan nie. Maar dalk gaan jy lus wees om al drie te lees. Ek het beslis al drie Grilgrypers-boeke gelees.

Kamp vir monsters is die eerste boek in die Grilgrypers-reeks wat nie oor monsters gaan nie. Dit gaan oor halfmense, of, soos ek dit noem: hybrid creatures.

Clayton gaan op ’n kamp vir jeugmisdadigers omdat hy sy tannie se skoene aan die brand gesteek en met ’n skroewedraaier krapmerke op haar motor gemaak het.

Al doen hy sulke verkeerde goed, gee ’n mens nog om vir hom. Hy doen die goed, want sy tannie is verskriklik lelik met hom.

By die kamp ontmoet hy Aisha en Verdi, mense wat om verskeie redes verkeerde dinge gedoen het.

By die kamp is geheimsinnige mentors en hulle kry die vreemdste kosse. Die een meisie kry niks, ’n ander persoon kry rou vleis en nog een kry alles wat sy hart begeer.

Later in die boek weet jy nie wie om te vertrou nie, want die goeie ouens word sleg en die slegte ouens goed.

Die boektitel het ’n dubbelsinnige betekenis: “Monster” kan die kinders beskryf wat slegte goed gedoen het, of “monsters” kan verwys na die vleisetende halfmense wat in die nag by die kamp rondkyk vir kinders wat alleen rondloop.

Kamp vir monsters is vreesaanjaend vir ’n boek wat nie oor monsters gaan nie!

Hugo is ’n laerskoolonderwyser en werk al die afgelope sewe jaar by ’n Britse Internasionale Skool in Saoedi-Arabië – en skryf mág hy maar.

Ek moet ook krediet gee vir Shân Fischer, die illustreerder, wat sover elke boek se voorblad so goed geïllustreer het.

* Koop die boek hier by takealot.

  • Johannes Meyer is in gr. 5 aan die Laerskool Stellenbosch.
Meer oor:  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.