Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Storie so koud soos Pronutro met water

Erotiese Fiksie

Klaskamer

Vita du Preez

WENKBROU, R285

Hygskrywery is moeilik.

Vra maar vir groot literêre geeste, soos Tom Wolfe, André Brink en Haruki Murakami, wat almal al benoem is vir die Bad Sex in Fiction-prys. ’n Bookerprys-benoeming vrywaar jou nie van swak seksbeskrywings nie.

Tog kan ’n bietjie oorspronklikheid, entoesiasme en verbeelding ’n mens ver bring, of dit nou tussen die lakens of op papier is. Ongelukkig is al drie elemente skoonveld in Vita du Preez se hygroman Klaskamer.

Juffrou Emma Louw het pas haar verhouding met haar kêrel verbreek nadat hul liefdeslewe, so opwindend “soos Pronutro met water vir ontbyt”, haar koud gelaat het.

Sy aanvaar ’n pos by die bedonnerde Karooboer Daniel Swart, om die se telgie tuisonderrig te bied. Maar Swart wil vir Emma ook ’n ding leer . . .

Die manlike protagonis Daniel Swart is net ’n paar skakerings te naby aan E.L. James se martelgat-miljardêr Christian Grey.

Sommer met die openingstoneel wonder jy eers of die boek nie ’n ironiese pastiche van die Fifty Shades-trilogie is nie; die manlike protagonis Daniel Swart is net ’n paar skakerings te naby aan E.L. James se martelgat-miljardêr Christian Grey.

Nes Grey het Swart ’n duistere verlede en traumatiese kinderjare gehad. Sy borskas, nes Grey s’n, dra letsels en Ana . . . skies, Emma, mag nie daaraan vat nie. Jy voel asof jy ’n speletjie van “soek die verskil” speel. Ana en Emma is die voorspelbare, halsstarrige heldin wat teen haar beterwete aangetrokke is tot die donker, geheimsinnige held. Seattle word vervang met die Karoo.

Die hygskrywery het die resensent so koud gelaat soos ’n besoek aan die ginekoloog.

Alhoewel die agterblad waarsku dat die boek nie vir sensitiewe lesers is nie, het die hygskrywery die resensent so koud gelaat soos ’n besoek aan die ginekoloog. Die anatomies korrekte name vir sekere liggaamsdele roep eerder beelde van spekulums as slaapkamersake op.

As jy regtig op soek is na ’n akkurate, aktuele blik van BDSM-kultuur waar die man nie ’n beheervraat-buffel is nie, huur dan eerder ’n fliek van die erotiese- rolprent-maker Erika Lust.

Carla Lewis is ’n artikelskrywer en redaksielid van Beeld.

Meer oor:  Vita Du Preez  |  Resensies  |  Klaskamer  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.