Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Suid-Afrikaner stel roman in Amsterdam bekend
Irize Loots (regs), ’n Suid-Afrikaner wat die afgelope 26 jaar in Amsterdam in Nederland bly, het Saterdag op ’n geselligheid haar debuutroman, Dromers, in Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bekend gestel. By haar is een van haar vriendinne, Herma Schaap, wat ook die geselligheid bygewoon het. Foto: Marietjie Gericke

’n Talentvolle en kreatiewe Suid-Afrikaner het Saterdag haar debuutroman op ’n geselligheid in Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bekendgestel.

Irize Loots, wat as Gestalt-terapeut en assistentuitgewer in Amsterdam werk, waar sy ook klavierlesse gee, het haar roman, Dromers, voor ’n groep Nederlanders met liefde vir hul taal, maar ook vir Afrikaans en Suid-Afrika, bekend gestel. Dromers is in Afrikaans geskryf en het by die Suid-Afrikaanse uitgewer Naledi verskyn.

Op die geselligheid was ook Afrikaanssprekendes uit Suid-Afrika met ’n liefde vir die kultuurhistoriese en taalverbondenheid van die twee lande.

Loots het vertel dat haar roman die leser die kans bied om deur ’n niepolitieke bril na ’n grepie uit die lewe in Suid-Afrika en in die besonder die klein Suid-Kaapse dorpie Riviersonderend te kyk.

Sy is ’n gebore Johannesburger wat aanvanklik musiek – klavier en viool – bestudeer het, waarna sy na die Universiteit van Stellenbosch is om ’n meestersgraad in drama te verwerf. Sy het hierna by verskillende teaters in Suid-Afrika gewerk.

Loots bly sedert 1993 in Amsterdam waar sy deeltydse studies in Gestalt-terapie en kommunikasie voltooi het. Sy het steeds baie noue bande met Suid-Afrika en besoek die land weer binne twee weke.

Dromers volg nadat sy in 2015 self haar novelle Vrouw in Rood uitgegee het en in 2016 die novelle Sy was Siela.

“Ek het eintlik my lewe lank geskryf. Veral dagboeke. In my studentedae op Stellenbosch het ek elke dag begin en geëindig deur iets te skryf – veral gedigte, prosa en kortverhale. Maar ek het eers my skryfwerk net vir myself gehou.

“Dit was die reaksie van vriendinne op die publikasie van my twee novelles wat my aangespoor het om die debuutroman te skryf.”

Dromers is ’n maklik leesbare boek met ’n sterk onderliggende tema van vergifnis en die losmaak van die verlede, sê Loots.

Dromers is ’n maklik leesbare boek met ’n sterk onderliggende tema van vergifnis en die losmaak van die verlede, sê Loots.

Die verhaal speel af in die pragtige gebied tussen Kaapstad en die Tuinroete, in dorpe soos Riviersonderend, Stilbaai en Riversdal. Verwysings word ook gemaak na ’n plaas in die Overberg genaamd Pelgrimshoop.

Die boek handel oor Marleen, wat in haar drome deur geeste uit die verlede besoek word. Gideon, ’n blinde man wat toekomsvisioene kry, is ’n sentrale figuur in Marleen se lewe.

Haar vraag is heeltyd wat hy haar kan vertel van die misterieuse stemme uit haar onderbewussyn.

Loots meen haar persoonlike omstandighede en agtergrond het wel ’n invloed op die keuse van die tema en genre gehad.

“Die verhaal speel in Suid-Afrika af waar ek die eerste 27 jaar van my lewe gebly het. Ek het daar ook in klein dorpies gebly, maar nie in die klein dorpies waarin die boek afspeel nie.

“Die dorpies waarin die boek afspeel, is doelbewus so gekies omdat die natuurskoon daar my bron van inspirasie was.

“Die temas in my roman is wel universeel en is nie temas wat net in Suid-Afrika afspeel nie. Dit is temas soos liefde, lyding, dood of verlede, vergifnis en ’n hoopvolle blik op die toekoms.”

Loots sê die boek het ook in haar dagboek begin terwyl sy met vakansie in Suid-Afrika was.

Meer oor:  Amsterdam  |  Skrywer  |  Boek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.