Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Taalgenoot voortaan gratis digitaal uitgegee

Taalgenoot, tydskrif van die ATKV, word voortaan gratis digitaal uitgegee.

Die gedrukte weergawe is steeds beskikbaar, maar daarvoor moet jy teen betaling inteken.

Taalgenoot is voortaan gratis elektronies beskikbaar.

Taalgenoot was nog altyd in ’n bevoorregte posisie,” sê Johan Jack Smith, redakteur.

“Die lede van die ATKV se finansiële bydrae verseker dat Taalgenoot die lig kan sien. Die tydskrif was nog altyd beskikbaar vir die publiek indien jy wil inteken. Ons het net gevoel meer mense moet die publikasie lees, en meer mense moet sien met watter wonderlike werk die ATKV besig is.”

Die Covid-19-pandemie het in ’n mate tot dié stap gelei.

“Maar ook omdat soveel publikasies weens die pandemie die digitale roete gaan. Daar is heelwat meer opwindende opsies betreffende interaktiwiteit. Ons gaan egter baie hard werk om die gehalteproduk soos dit tans is, te behou.”

Johan Jack Smith, redakteur van Taalgenoot. Foto: André Badenhorst

Die digitale weergawe van dié tydskrif sal op die ATKV se webwerf beskikbaar wees.

Die SA Publication Forum bekroon jaarliks korporatiewe publikasies en Taalgenoot is in 2020 vir die derde jaar agtereenvolgens aangewys as die beste interne tydskrif. Taalgenoot het ook met die pryse vir beste skryfwerk, beste opskrifte en die Loretta Steyn-prys vir beste publikasievoorblad weggestap.

Lede van die ATKV kan steeds die gedrukte weergawe as deel van ’n lidvoordeel ontvang.

“Party mense verkies steeds die reuk van ink en papier.”

• Besoek http://bit.ly/Taalgenoot2021 of https://atkv.org.za/taalgenoot en lees die tydskrif nou aanlyn of laai die PDF-weergawe af.

Meer oor:  Johan Jack Smith  |  Taalgenoot  |  Tydskrif
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.