Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Te min vir die verbeelding

Fiksie

Eendagsblom

Jacques le Roux

NALEDI, R220

Die gewelddadige dood van haar broer in hul kinderjare bly spook by Kara. Sy probeer die huweliksprobleme tussen haar en haar man, Johan, met alkohol verdwerg. Johan se poging om ’n positiewe wending in hul verhouding te laat posvat, lei tot ’n kuier by haar vriendin Jackie, maar dis ook hoe sy die gekwelde sielkundige en skrywer Armand ontmoet.

Kara is getroud en het ’n klein dogtertjie tuis, maar gedane sake het geen keer nie. Kara en Armand vind mekaar.

Nes sy worstel Armand met ’n magdom van persoonlike kwessies wat hom lewensmoeg en uitgelewer aan die genade laat voel. Hierdie buite-egtelike verhouding en die feit dat Johan van die twee se verhouding moet uitvind en daarop moet reageer, sou in die meeste gevalle die bousteen wees vir ’n volwasse liefdesverhaal. Hier is dit net deels die fokus.

Eendagsblom inkorporeer ’n verskeidenheid van soms uiteenlopende temas om die liefdesverhaal aan te vul, maar nie noodwendig bevredigend te komplimenteer nie: buite-egtelike verhoudings; trauma; selfverminking; alkoholisme; verwerping; obsessiewe kompulsies; armoede; rassisme; geweldsmisdade; bendebedrywighede; kindermolestering; gebrekkige ouerskap; dwelmmisbruik – die lys gaan aan.

Kwessies meld hulle aan wat die skrywer se goeie bedoelings met die teks beduiwel. Eerstens is die hoofkarakter Armand, soos die skrywer self, ’n sielkundige. Daar is weinig geleentheid vir die leser om behoorlik onderskeid te kan tref tussen die stem van die skrywer en sy karakter, tussen verhalende, poëtiese skrywe wat die verbeelding aangryp en ’n skrywer se eie indringerstem.

Ten spyte van die gevoel dat die temas wel met ’n mate­ van kundigheid en oortuiging hanteer word, skud ’n mens nie die gevoel af dat daar konsekwent na die leser afgepraat word nie. Passasies voel soos lesings in die kleine oor ’n spesifieke onderwerp.

Bitter min word aan die verbeelding oorgelaat; nuanse, dimensie en die nodige belangstelling in karakters se doen en late word so gekortwiek. Elke karakter se worsteling en dilemmas word uitgestippel, maar jy kom nie tot by “ken” en “verstaan” nie – omdat sake nie organies uitgebou word en lekker vlot nie. Die plot bly bloot getelegrafeer en voorspelbaar, tot die klimaks, wat heeltemal onvanpas en uit plek uit is. Die slothoofstuk moes weggelaat gewees het . . .

Die teks voel ongelukkig nie na wens versorg nie. Van deurdagte, volgehoue ontwikkeling van die intrige is daar helaas min.

  • Jonathan Amid is ’n vryskuttaalpraktisyn en -resensent van Stellenbosch.
Meer oor:  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.