Op weg na kû
Breyten Breytenbach
HUMAN & ROUSSEAU, R250
Daar is al meermale gesê dat poësie die ideale teenmiddel is vir die koorsagtige verbruikerskultuur (die bundel verwys ook na “profytisme”) waarin ons vasgevang is.
Dit word in oormaat bewys deur hierdie bundel, wat nóg een van die merkwaardige boustene in Breyten Breytenbach se oeuvre is: Dit is elegies, vreugdevol, kompleks, intens en formidabel.
In Op weg na kû kan ’n mens jou verheug in die vindingrykheid en speelsheid gepaardgaande met ernstige besinning.
Die aandagtige lees van hierdie bundel sal die leser ryklik beloon. – Louise Viljoen