Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Tesis oor Moslem-Afrikaans nou boek
Die voorblad van Die Afrikaans van die Kaapse Moslems.

Die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) gaan vanjaar dr. Achmat Davids se tesis “The Afrikaans of Cape Muslims from 1815 to 1915” as ’n Afrikaanse boek uitreik.

Werk aan die vertaling en verkorting is oor die afgelope drie jaar gedoen. Die resultaat is nou ’n boek wat toeganklik is vir almal wat belang stel in die Bo-Kaap, die Moslemkultuur en Afrikaans.

Die boek, Die Afrikaans van die Kaapse Moslems, sal as versoeningsgebaar op 15 Desember by die Taalmuseum in die Paarl aan die gemeenskap van die Bo-Kaap gegee word uit erkenning vir waar Afrikaans vandaan kom, het Niël le Roux, uitvoerende hoof van die SBA, gesê.

Le Roux was in 2016 tydens die Stap-vir-Afrikaans-veldtog in die Bo-Kaap by ’n uitstalling oor Davids en sy boek. Hier het die idee ontstaan om die Engelse akademiese tesis in Afrikaans te vertaal.

Prof. Hein Willemse van die Universiteit van Pretoria se Afrikaans-departement het die verwerking vir die boek gedoen, wat deur Protea Boekhuis uitgegee word.

Volgens Willemse is dit ’n baie akademiese werk wat verkort en vereenvoudig moes word sodat dit vir leerlinge toegankliker kon wees. Danie Botha, ’n vertaler van Napier, het die Afrikaanse vertaling gedoen.

Willemse sal die genooide spreker by die bekendstelling wees.

Die boek beslaan 80 bladsye. Slegs 1 000 eksemplare sal gedruk word en gratis geskenk word aan 150 gaste wat die boekbekendstelling bywoon.

Dit sal na biblioteke in die Wes-Kaap versprei word en eksemplare vir skole en universiteite kan op aanvraag by die SBA verkry word. 

* Die boekbekendstelling is op 15 Desember by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl. Vir meer inligting stuur ’n e-pos na info@sbafrikaans.co.za.

Meer oor:  Achmat Davids  |  Moslem-Afrikaans  |  Boeke  |  Taal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.