Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Tokarczuk, Handke wen Nobelprys vir letterkunde

Die Nobelprys vir letterkunde is pas aan die Pool Olga Tokarczuk (2018) en die Oostenryker Peter Handke (2019) toegeken.

Olga Tokarczuk. Foto Getty Images
MUNICH, GERMANY - FEBRUARY 12: Austrian writer Pe
Peter Handke. Foto: Getty Images

Volgens die Sweedse Akademie, wat die Nobelprys vir letterkunde reeds sedert 1901 toeken, is albei skrywers reeds ingelig en sal hulle die oorhandigingseremonie in Desember vanjaar bywoon.

Die toekenning van die 2018-prys is uitgestel weens ’n rits skandale waarby Katarina Frostenson, een van die Sweedse Akademie se 18 paneellede, en haar man, die fotograaf Jean-Claude Arnault, betrek is.

Arnault is aanvanklik van ’n reeks seksuele misdrywe oor ’n tydperk van 20 jaar beskuldig en is volgens The Guardian in Oktober verlede jaar twee jaar tronkstraf opgelê weens verkragting.

Arnault, wat homself as die Sweedse Akademie se nie-amptelike 19de lid beskou het, het ook glo na bewering die name van sewe voormalige wenners, insluitend Harold Pinter in 2005 en Bob Dylan in 2016, uitgelap voordat hulle as die wenners aangekondig is.

Daarby is die egpaar daarvan beskuldig dat hulle die akademie se geld misbruik het, hoewel Frostenson dit steeds ontken.

Die skandale het agt van die 18 paneellede laat spaander, insluitend Frostenson. Met net tien lede oor is die besluit geneem om die aankondiging van die 2018-prys met ’n jaar uit te stel.

Vanjaar se wenners kry elk prysgeld van 9 miljoen Sweedse krone (tans meer as R13,8 miljoen).

Net 14 van die vorige 114 wenners van die Nobelprys vir letterkunde is vroue.

Meer oor:  Boeke  |  Nobelprys  |  Nobelprys Vir Letterkunde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.