Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Trantraal wen Rabie-Wallace-beurs
Nathan Trantraal Foto: Craig Swartbooi

Die Kaapse digter Nathan Trantraal het pas die jongste ontvanger van die Jan Rabie-en-Marjorie Wallace-skrywersbeurs geword.

Tyrone Pretorius, rektor en visekanselier van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), het Dinsdag dié aankondiging gemaak.

Die beurs beloop R400 000 en word vir ’n skryfprojek toegeken. Die toekenning spruit uit ’n bemaking van oorlede Marjorie Wallace ter ondersteuning van kreatiewe skryfkuns in Afrikaans.

“Die Jan Rabie-en-Marjorie Wallace-beurs is die grootste prys vir die aanmoediging van skeppende skrywers in ons land en getuig van Rabie en Wallace se visie en ruimhartigheid van gees,” sê Pretorius.

Dis nie die eerste keer dat dié prys in Trantraal se rigting kom nie. Einde 2015 het Ronelda S. Kamfer, Trantraal se lewensmaat, ook dié beurs ontvang.

Dit is ’n groot oomblik vir grafiese kuns en comics in Afrikaans én Suid Afrika.

Luidens ’n verklaring behels Trantraal se deeglik uitgewerkte voorstel ’n grafiese misdaadroman wat afspeel op die Kaapse Vlakte en spreek tot kwessies wat van toepassing is op die breë Suid-Afrikaanse samelewing.

“Die inhoud en genre is uitdagend, opwindend en vernuwend en het uitgestaan bo ’n aantal werklik uitstekende aansoeke.”

“Hier is ’n dapper stem,” het een van die beoordelaars gesê, “een wat die grense van die letterkunde verlê.”

In reaksie het Trantraal gesê dit is ’n groot oomblik vir grafiese kuns en comics in Afrikaans én Suid Afrika.

“Die beurs laat my toe om te fokus op die beplande grafiese roman.”

Altesaam 40 aansoeke is vanjaar ontvang.

Meer oor:  Nathan Trantraal  |  Letterkunde  |  Digkuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.