Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Trevor Noah wen SA boekprys

Trevor Noah, Suid-Afrikaans gebore komediant en aanbieder van die Amerikaanse geselsprogram The Daily Show, het op die 20ste Suid-Afrikaanse boekpryse (SA Book Awards) ’n prys gewen vir sy kinderverwerking van sy outobiografie, Born a Crime and Other Stories.

Trevor Noah

Dié pryse word toegeken aan sowel fiksie- as niefiksie-boeke wat in Suid-Afrika geskryf en gepubliseer is, waarvoor boekhandelaars stem.

Dit word in drie kategorieë gedoen waarvoor Nielsen BookScan SA (NBS-SA) kortlyste saamstel.

‘Born a Crime and Other Stories’ deur Trevor Noah.

Noah, wat sedert 2015 The Daily Show aanbied, se outobiografie is in 2016 deur Spiegel & Grau uitgereik.

Die kinderverwerking het verlede jaar verskyn.

Hy sê oor sy prys: “Om ’n boek te skryf was ’n vreesaanjaende ervaring, maar om dit in ’n kinderboek te verander was nog meer vreesaanjaend, want kinders se aandag is van korte duur as jou boek vervelend is!”

Hy bedank die kinders wat die boek gelees en die ouers wat dit aan hul kinders voorgelees het en die onderwysers wat dit vir ouers aanbeveel het.

Jackie Phamotse het die prys vir beste volwasse fiksie vir haar book Bare: The Cradle of the Hockey Club gewen.

Die prys vir volwasse niefiksie is aan Pieter du Toit vir sy boek Stellenbosch Mafia toegeken.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.