Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
‘True Grit’-skrywer op 86 dood

Die skrywer Charles Portis wat ’n kluisenaarsbestaan in die Amerikaanse deelstaat Arkansas gevoer het, is Maandag in die ouderdom van 86 dood nadat hy vir ’n lang tydperk siek was.

Hy was die bekendste vir die Wilde Weste-boek True Grit en het in totaal vyf boeke, talle kortverhale en ook tydskrifartikels geskryf het.

Sy broer, Jonathan, het sy dood aan The New York Times bevestig en gesê Portis het die afgelope twee jaar in ’n hospies gebly, terwyl hy vroeër in ’n sorgsentrum vir mense met Alzheimer se siekte was.

Portis het True Grit is in 1968 geskryf. Dit was 22 weke lank boaan The New York Times se topverkoperlys.

Dit speel in die Wilde Weste in die 1870’s af en vertel die verhaal van Mattie Ross (14) wat ’n polisieman met net een oog kry om haar te help om die man vas te trek wat haar pa vermoor het.

Portis se roman is twee keer in ’n fliek omskep.

John Wayne het ’n Ocar gewen vir sy vertolking van die rol van die polisieman Rooster Cogburn in die 1969-weergawe van die rolprent.

Joel en Ethan Coen het ’n nuwe weergawe van die fliek in 2010 gemaak met Jeff Bridges, Matt Damon en Hailee Steinfeld in. Dit het tien Oscar-benoemings gekry. Reuters


Meer oor:  Skrywer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.