Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Trust vereer bydraers tot kultuur, woordkuns en godsdiens

Die Cordis Trust, ’n niewinsgewende organisasie wat Afrikaanse woordkuns bevorder, het onlangs sy ererol bekend gemaak wat erkenning gee aan mense vir hul bydrae tot kultuur, woordkuns en godsdiens.

Dit sluit in die akteurspaar Carel Trichardt en Petru Wessels, die digters Cas Vos, die akteur Dawid Minnaar, die sangeres Petronel Baard, Jopie Koen, bestuurder van die Pierneefteater, en RSG se uitvoerende regisseur: drama, Kobus Burger.

Die Cordis Trust het onlangs sy ererol bekend gemaak.

Die Cordis Trust, wat ook boeke uitgee, het onlangs 21 jaar oud geword.

“Dit is om dankie te sê aan hulle vir die bydrae wat hulle gelewer het,” sê Fanie Marais, stigter.

“Daar is nie geld aan verbonde nie, maar hulle kry skriftelik erkenning en ek sê vir hulle dankie. Ek het eintlik chronologies te werk gegaan om te kyk wie stap al ’n lang pad saam met ons en deel die ideale waarna die trust streef. Ek het profiele oor elke opgestel wat ek in die toekoms op sosiale media wil deel.”

Marais het die trust in 2000 ter nagedagtenis aan sy dogter Mardene Marais gestig. Sy is in 1989 dood.

Cordis Trust
Petru Wessels en Carel Trichardt

Sy was ’n student aan die Randse Afrikaanse Universiteit (vandag die Universiteit van Johannesburg) en haar gesin het gedenkbeurse vir voorgraadse studente ingestel.

’n Privaat publikasie wat uit haar skryfwerk bestaan, wat deur die ontslape kunstenaar vader Frans Claerhout geïllustreer is, is deur die Cordis Trust uitgereik

“Verlede jaar het ’n wonderlike nuwe toevoeging van jong kunstenaars gebring wat vorentoe uitdagende nuwe projekte sal aanpak,” sê Marais.

Hulle sluit in die sangers Petronel Baard, Deon Meiring, Steffie le Roux en die aktrise Frieda van den Heever, ook die aanbieder van Vers en klank en Kortom op RSG.

“Ek is baie tevrede met hierdie name,” sê Marais. “Ek fasiliteer ideale, talent wat elders dalk nie raakgesien woord nie, ek soek geen blootstelling anders as vir deelnemers nie.

Cordis Trust
Kobus Burger

“Ek is nie opgelei in woordkuns nie, maar ek kan geleenthede raaksien en wil kunstenaars bemagtig.”

Die ererol

Jopie Koen van die Woordgilde, Pierneefteater en Cordis Trust-projekte

Carel Trichardt & Petru Wessels, wat die Teaterhuisie in Pretoria begin het

Myra Lochner van Kreativ SA

Helena Liebenberg van Taaloord, Tracing History Trust, Nispublikasies en kultuurhistoriese projekte

Marie Bredenkamp, aanbieder van die Puur Plesier-skryfskole

Ian Raper, skrywer en uitgewer

René Bohnen, digter

230311 Rapport boeke Cas Vos, digter.
Cas Vos

RSG en Kobus Burger, uitvoerende regisseur: drama, RSG

Danie Mouton, Bybel Media

Susan Smith, digter en sy is betrokke by UFH/Aksie Afrikaans in gemeenskapsverband

Marlies Taljard, letterkundige en inhoudsbestuurder van die blog Versindaba

Neels Jackson, voormalige redakteur van die Kerkbode

Cas Vos, digter

Petronel Baard, sangeres

Dawid Minnaar, akteur

Deon Meiring, sanger

Steffie le Roux, sangeres

Frieda van den Heever, aktrise en aanbieder van Vers en klank en Kortom op RSG

Die Universiteit van Johannesburg, voorheen die Randse Afrikaanse Universiteit

Christelike Lektuurfonds en Gideon van der Watt

Callie Steijn/STN Drukkers

Meer oor:  Akteurs  |  Trust  |  Boeke  |  Digters
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.