Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Twee broers, twee wêrelde

Vital Remains

Amos van der Merwe

NALEDI, R279

Niefiksie

Twee broers, twee boeke – feite vreemder as fiksie.

In 2017 verskyn hierdie boek oor die lewe van Winston Wicomb. Twee jaar vantevore het die biografie Kleur oor die lewe van sy broer, Randall Wicomb, verskyn; albei uit die pen van Amos van der Merwe.

Randall was sy ma se goue seun, die witbroodjie met die ligte vel en blonde hare. Winston, met die donker vel, is gedwing om van sy waardevolle besittings aan sy broer, die Maties-student, te skenk; selfs sy eerste motor wat hy met swaarverdiende geld gekoop het.

Wet nr. 30 van 1950, die Bevolkingsregistrasiewet, was die bepalende faktor in die lewe van die Wicomb-kinders. Hul ouers was van gemengde herkoms. Wicky het haar kinders se geboortedae en -jare verander om te verseker dat hulle as wit geklassifiseer sou word.

Vital Remains, essensiële puin, eintlik pynlike oorblyfsels van Winston se lewe, word meesterlik deur Van der Merwe verwoord. Tevergeefs het klein Winston gewas en geskrop om sy vel ligter te kry. Van kleins af is hy vir besoekers agter die klerekas weggesteek – met die wete dat sy bruinwees verberg moes word.

Hy was te donker vir die goeie Afrikaanse skool wat sy broer kon bywoon. Hy is na ’n Engelse skool gestuur. Op sy eerste skooldag het sy ma aan hom gesê: “Don’t speak at all, otherwise people will see how stupid you are.” Hierdie woorde van sy ma sou hy nooit kon vergeet nie.

Swak punte in Engels het hom sy universiteitstoelating gekos. Later is hy terug skool toe om dié punt te verbeter en het daarna aan die Universiteit van Kaapstad studeer.

Besonderse mense sou uiteindelik ’n verskil in Winston se lewe maak.

Die onderwyser wat hom aangemoedig het om met volharding te studeer en nogmaals te studeer.

Die weermagsersant wat sy sterk karaktertrekke opgemerk het en van sy eie kleurvooroordele genees is.

Dr. Chris Barnard wat die eintlike rigtinggewer in Winston se lewe was. Die beroemde hartchirurg het besef dat Winston, die amateur-motorwerktuigkundige, ’n kansvatter in die beste sin van die woord is. Hy het Winston deel van sy hartspan gemaak met die opdrag om ’n pomp te ontwikkel wat ’n skenkerhart ure lank lewend sou hou.

Ná Winston se uiters suksesvolle poging om so ’n pomp te ontwikkel, het Barnard aan hom gesê: “Well ­
done, Winston.You have changed the course of history today.”

Winston kon toe finaal agter die klerekas uitklim. Hy het sy doktorsgraad voltooi en word wêreldwyd beskou as kenner op die gebied van orgaanoorplanting.

* Koop die boek hier by takealot.

  • Cornelia de Kock is ’n vryskutresensent en kultuurhistorikus van Stellenbosch.
Meer oor:  Randall Wicomb  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.