Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Twee moet-hê-boeke vir 2020

Spesiale wyngeskiedenis

Foto:

Nie net is Kanonkop een van die land se bekendste wynplase nie (kyk maar net na al die pryse en erkennings), maar ook een met ’n ryk geskiedenis wat uit 1659 dateer.

Beslis ’n boek wat ek geniet het en in die huis gaan uitstal sodat my kuiergaste dit ook kan geniet én meer van die plaas kan leer.

Die wynskrywer Emile Joubert het einde verlede jaar sy boek Kanonkop: The Making of a Legend met die bekendstelling van Kanonkop se Black Lable Pinotage en ’n snoekbraai op die plaas bekend gestel – albei net so lekker soos dit in die boek beskryf word.

Hy het in 1974 die eerste keer dié Stellenbosse wynplaas besoek om sy held, die Springbok Jan Boland Coetzee, te ontmoet wat toe die wynmaker was.

Vandag, lank ná daardie besoek, gaan sy verhouding met die plaas voort. In 2018 het Tim Atkin aan die Kanonkop Paul Sauer 2015 sy eerste 100 punte in sy Suid-Afrikaanse verslag toegeken en Joubert het besluit dat dit tyd is om die plaas se storie te vertel.

Wat die boek so lekker maak vir enige wynliefhebber, is dat dit propvol inligting is oor die plaas, wat onder meer ’n kaart van die wingerde en ongelooflike foto’s insluit. Daar is ook ’n afdeling wat aan die plaas se terroir gewy is en natuurlik meer oor die heerlike wyne.

Dan is daar ook geskiedkundige elemente soos Paul Sauer se geskiedenis, meer oor sy kleinseuns Johan en Paul Kruger wat tans die eienaars is, en meer oor die slegs drie wynmakers, Coetzee, Beyers Truter en Abrie Beeslaar.

Al is ek een vir woorde, is die boek se foto’s ongelooflik. Om die boek te lees was net so ’n plesier. Joubert se slag met woorde is altyd ’n bederf en hy kry dit reg om informatief maar ook informeel te skryf.

Of jy nou van wyn hou of nie, hierdie boek is vir jou. Voorwaar ’n bederf vir enige koffietafel.

Almal kan ‘saam’ kook

Een van my gunsteling-kookboeke sedert Desember is beslis Versnit se eie kosskrywer se nuutste boekbaba.

Errieda du Toit se kookboek Saam het hom, sedert die bekendstelling by Klein Roosboom in Durbanville einde 2019, op my kombuistafel vasmessel, want elke dis móét uitgetoets word.

Dié boek vier ’n eeu van Suid-Afrikaanse gemeenskapsresepte met Du Toit wat deur ’n magdom gemeenskapsboekies gewerk het om die bestes vir haar boek te kies en uit te toets. Die eindresultaat is ’n kookboek propvol lekker en maklike resepte wat ’n rits ou gunstelinge insluit.

Van die resepte sluit in outydse hoenderpastei, Peppermint Crisp-tert, verskeie koekies, macaroni-en-kaas, appeltert, ’n sewelagieslaai, en resepte vir die braaipan, drukkoker en talle meer.

Persoonlike gunstelinge sluit in die gemmerkoekiefrikkadelle wat oor die feestyd ’n treffer was by die hele familie én die appelkoos-en-tjopkasserol wat vereis dat jy alles in die kasserol sit en in die oond druk – maklik en lekker. Die driehoekmaaskaastert het selfs ’n verskyning op die Kerstafel gemaak.

Die resepte in Saam is nie net maklik en bekostigbaar nie, maar ou gunstelinge wat gepas is vir enige geleentheid. Beslis ’n kookboek wat jy daagliks kan gebruik.

  • Saam is beskikbaar aanlyn of by die meeste boekwinkels teen R350. Besoek Loot nou en kry dit op ’n spesiale aanbod.
Meer oor:  Saam  |  Boek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.