Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Twee ‘Rapport’-resensies kraai koning

Twee boekresensies wat Deborah Steinmair en Jean Meiring vir Rapport geskryf het, is Saterdagraand by die oorhandiging van die kyk­NET-Rapport-boekpryse buite Stellenbosch aangewys as onderskeidelik die beste fiksie- en niefiksieresensie wat in 2018 in Afrikaans verskyn het. Dit is die derde jaar in ’n ry dat Meiring bekroon word vir sy werk as boekresensent.

Steinmair
Meiring

Die prys vir langer, tipies akademiese resensies (1 500 woorde of meer) is gewen deur Elzette Steenkamp vir haar LitNet-resensie van Stof deur Alettie van den Heever, een van die finaliste vir vanjaar se Jan Rabie-Rapport-prys. Die drie resensente het elkeen R25 000 ontvang.

Volgens die boekjoernalis en digter Bibi Slippers, sameroeper van die keurpaneel, was die gehalte van vanjaar se inskrywings besonder hoog. “In elke kategorie was vier absolute uitskieters wat nek aan nek gelê het, maar veral die niefiksiekategorie moet uitgesonder word as een waarin daar baie sterk kompetisie was.”

Steinmair is aangewys as wenner in die fiksiekategorie vir haar “presiese, akrobatiese sinne” wat die essensie van Fransi Phillips se roman Liefde in die tyd van die internet vasvang en haar “subtiele nabootsings” van Phillips se onnabootsbare styl, terwyl Jean Meiring in die niefiksiekategorie koning gekraai het met sy onbeskaamd kritiese mening in “welluidende Afrikaans” oor James-Brent Styan se Chris Barnard-biografie Hartebreker.

Die jaarlikse Boekresensent van die Jaar-pryse is ingestel om die belange van boeke en die leesgenot van boekliefhebbers te bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf. Saam met Slippers in die keurpaneel was die joernalis en skrywer Jomarié Botha en Bibi Burger van die Universiteit van Pretoria.

Meer oor:  Jean Meiring  |  Deborah Steinmair
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.