Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
‘Tweede kanse’ nie vir die suurpruim

Tweede kanse

Stefan Enslin

NALEDI, R180

Fiksie

Tweede kanse balanseer homself aanvanklik op ’n mespunt.

Die verhaal kan na twee kante toe val. Eerstens, Tweede kanse is ’n poging deur ’n semi-ervare skrywer om Afrikaans se eie Nicholas Sparks te wees.

Of: Daar is iets tydloos aan dié ligte maar aangrypende en onderhoudende verhaal oor die liefde. Jong liefde. En waaroor ánders sal rooskleurige siele wil lees wanneer hulle nêrens anders sal wil wees as diep onder ’n elektriese kombers nie?

Anna en Joe is 13 toe hulle verlief raak, met die onskuld en totale oorgawe van die jeug in teenstelling met die manewales van Anna se pa. Haar ouers skei. Anna en Joe se paaie ook.

Dié paaie kruis sewe jaar later, op universiteit, maar is die onskuld en passie steeds daar? Indien nie, kan dit teruggevind word?

Daar is heelwat intrige, voorspelbaar en minder voorspelbaar, maar die dolk val na die regte kant toe.

Tweede kanse het die onge­kunstelde sjarme van ’n liefdesfliek van die 70’s (die verhaal speel hom immers in die 1970’s af en Enslin is ook ’n vervaardiger en draaiboekskrywer).

Die bekoring is daar; die verhaal is perfek gekonstrueer; die pas is reg. Wat wel pla, is clichés soos blonde hare wat soos diamante in die son skitter (bl. 17) of “Helder sterre vul die hemelruim” (bl. 42).

En ’n vraag: Hoekom móét ’n skoolmeisie haar aan die wenner van ’n vuisgeveg verbind indien sy met haar eerste keuse sou kon wegloop?

Laastens, boaan een bladsy (162) is ’n blaps met die spelling van die aankondiging van die hoofstuk – iets wat ’n redakteurshand kon opgetel het.

Vir dié leser was die epiloog ’n opgeklitste en saamgeperste intrige, maar dalk is dit net my eie sensitiwiteite . . .

Tweede kanse is perfek vir lesers wat nie te suur is om ’n lekker (en goeie) liefdesverhaal te waardeer nie.

* Koop die boek hier by takealot.

  • J.B. Roux is ’n vryskutresensent van Riebeek-Wes.
Meer oor:  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.