Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Uitenhage-digter skryf oor pandemie
Die Uitenhaagse digter Irene Sout.

In die hoop dat sy haar gemeenskap en die land kan ophef, het Irene Sout, ’n digter van Uitenhage, onlangs ’n gedig oor Covid-19 geskryf en hoop dat haar woorde mense sal inspireer om mekaar te ondersteun.

Volgens Sout, ’n senior klerk by die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het haar gedig, getiteld “The Heat and Beat of Covid-19 SA”, die sensitiwiteit van die pandemie wat die land fisiek en emosioneel beïnvloed het, aangespreek. Sout sê sy wil met haar gedig hê dat haar gemeenskap die werklikheid van die virus moet besef en dat hulle versigtig moet wees.

Sy wou mense aanmoedig om positief te bly in dié moeilike tye. “Die pandemie moet ons as ’n gemeenskap versterk om aan te hou om vir mekaar te sorg en ons geloof versterk,” het Sout gesê.

Sout het in 2019 haar eerste digbundel, Salty Woods, gepubliseer. Dié bundel was ’n versameling van 30 gedigte wat fokus op kwessies in haar gemeenskap. 

Meer oor:  Uitenhage  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Opheffing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.