Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Van Jan-Koos tot Jean-Jacques

Fiksie

Eendag is nou

Kristel Loots

LAPA, R285

“Elke sekonde van hierdie dag het sy al voorheen geleef en toe was dit ook nie met ’n gejubel in haar hart nie.”

Om ’n prentjie van ’n kleurlose huwelik te skets kan ’n romanskrywer natuurlik begin by naamkeuses, en die welgebruikte mansname Jan of Koos mag handig wees.

In Eendag is nou stel Kristel Loots ons voor aan Jacomien en haar eggenoot, ’n kêrel so sielsverlammend behep met die selfgeskepte wêreldjie waarin hy al 30 jaar lank vir Jacomien as trofeevrou saamsleep, dat die skrywer hom sommer ’n dubbele dosis doodgewoon toedien: JanKoos.

Hoe op aarde kon ’n pragtige, intelligente vrou haar menswees laat onderdruk tot kort duskant haar 60ste verjaarsdag?

Die antwoord is versoberend. Vier dekades nadat Jacomien op universiteit ’n blinkoog Mejuffrou Eerstejaar-finalis was, kom sy by haar eie MeToo-oomblik, en daarmee saam hou sy op om die status quo sommer maar net te aanvaar. Maar is dit regtig die beste besluit?

Eendag is nou laat die leser nadink oor opofferings wat gemaak word ter wille van stabiliteit, maar Kristel Loots skryf altyd met ’n glinstering in die oog. Terwyl Jacomien moet besin oor haar huwelik, verskyn daar (natuurlik) ’n aantreklike manlike karakter op die horison. Wel, eintlik op haar dogter Klara se horison.

Ook dit krap aan die wonde uit haar studentedae, maar Jacomien se vermoë om vir haarself te lag, is keer op keer haar redding. Klara se filosofieprofessor het die heerlike naam Jean-Jacques Rousseau. Niks Jan of Koos aan hóm nie! Waarvoor kan ’n liefdesromanleser nou meer vra?

Loots skryf vir ’n generasie lesers wat saam met haar en haar heldinne geleidelik ouer en wyser word. Wat ’n plesier om ’n storie te deurleef saam met ’n vrou soos Jacomien – potions and lotions (sic) en al!

Clari Niemand is ’n vryskutresensent van Pretoria.

Meer oor:  Resensies  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.