Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Van Niekerk (91) terug by die huis

Die skrywer Dolf van Niekerk (91), wat onlangs positief vir Covid-19 getoets het, is terug by die huis.

Dolf van Niekerk

Hy is Saterdag uit ’n hospitaal in Pretoria ontslaan nadat hy in isolasie in die hoësorgeenheid was, sê sy dogter, Stephanie van Niekerk.

“Dit gaan beslis beter met hom. Hy word deur sy geliefdes by die huis versorg. Ons is almal baie dankbaar daaroor.”

Van Niekerk se familie het op 8 Julie uitgevind hy het die virus. Hy het verskillende kwale voor die tyd opgedoen wat nie beter geword het nie.

Van Niekerk was benewens sy skryfwerk direkteur van die Direktoraat Landbou-inligting. Hy en sy vrou, Rita, woon in Murrayfield in Pretoria.

Meer oor:  Murrayfield  |  Pretoria  |  Covid-19  |  Skrywers  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.