Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Vearey lewer N.P. van Wyk Louw-gedenklesing
Jeremy VeareyFoto: Deon Raath

Genl.maj. Jeremy Vearey, hoof van die polisie se teenbende-eenheid in die Wes-Kaap en die skrywer van Jeremy vannie Elsies, lewer vanjaar die N.P. van Wyk Louw-gedenklesing.

Dié jaarlikse gedenklesing sal moontlik vanjaar ’n groter gehoor as vantevore lok. Nie net omdat dit dié gevierde digter en Afrikaner-nasionalis se 50ste sterfjaar is nie, maar ook omdat die lesing virtueel uitgesaai word.

Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bied die lesing in samewerking met die Universiteit van Johannesburg en LitNet op Van Wyk Louw se sterfdag op 18 Junie aan.

Van Wyk Louw is op 11 Junie 1906 in Sutherland gebore. In 1920 het die gesin na Kaapstad verhuis waar Van Wyk Louw ná skool aan die Universiteit van Kaapstad (UK) studeer het en van 1929 tot 1949 ’n dosent in opvoedkunde was. Van 1950 tot 1958 was hy professor in Afrikaans aan die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam en daarna die hoof van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand.

Sy belangstelling in taal en die digkuns het in ’n menigte publikasies en rubrieke neerslag gevind. Ná sy eerste bundel, Alleenspraak, in 1935 het die een na die ander grootse werke uit sy pen gevloei: Die halwe kring (1937), Die dieper reg (1938), die ongeëwenaarde epos Raka (1941), Gestaltes en diere (1942), Nuwe verse (1954), wat die lang gedig “Klipwerk” insluit, en Tristia (1962).

In dieselfde tyd het hy ook verskeie dramas gepubliseer, soos Dias (1951), Germanicus (1956), Koning-Eenoog of Nie vir geleerdes (1960), Dagboek van ’n soldaat (1961), Lewenslyn (1962), Asterion (die libretto vir ’n radiofoniese opera), Berei in die woestyn (1968) en Die pluimsaad waai ver, wat die eerste keer in 1966 ter herdenking van Republiekwording in 1961 opgevoer is.

Hy het in 1948 ’n eredoktorsgraad van die Rijksuniversiteit van Utrecht ontvang as erkenning vir sy bydrae tot die ontwikkeling in die destydse Afrikaanse poësie, waarvan Louw “die voorman en simbool” was.

Die gedenklesing met Vearey word op 18 Junie om 19:00 uitgesaai. Die skakel op die banier op LitNet se webwerf sal luisteraars regstreeks na die uitsending neem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.