Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Veelbekroonde roman wen Helgaard Steyn-prys
Lodewyk G. du Plessis

Die roman, Die Dao van Daan van der Walt, is aangewys as die wenner van die Helgaard Steyn-prys vir 2020. Dit is die sesde groot prys wat dié debuutroman van Lodewyk G. du Plessis ontvang.

Die Helgaard Steyn-prys word sedert 1987 jaarliks toegeken om die beurt aan ’n skilder, skrywer, beeldhouer of komponis.

Vanjaar se prys, ’n kontantbedrag van R650 000, gaan dus aan die mees uitsonderlike werk in die Afrikaanse skryfkuns wat tussen 2016 en 2019 verskyn het.

Die roman, wat in 2018 gepubliseer is, is ook al met die Universiteit van Johannesburg-debuutprys, die Eugène Marais-prys, die W.A. Hofmeyr-prys, die ATKV-prosaprys, asook die kykNET-Rapport-prys vir fiksie bekroon.

Die ander boeke op die kortlys was Die derde spoel deur S.J. Naudé, Uittogboek deur Johan Myburg, Spertyd deur Elsa Joubert en 1795 deur Dan Sleigh.

Die Dao van Daan van der Walt is ’n “uitsonderlike debuutwerk”, sê die sameroeper van die beoordelaarspaneel, prof. Bernard Odendaal, van die Vakgroep Skryfkuns, Skool vir Tale, Noordwes-Universiteit.

Die omslag van ‘Die Dao van Daan van der Walt’.

“Dit is ’n roman wat die leser intellektueel uitdaag, konfronteer met aktuele vraagstukke én emosioneel tref. Terselfdertyd is dit ’n innemende boek; die hoofkarakter is iemand met wie lesers hulle om verskeie redes kan vereenselwig.”

Die prys word deur die Helgaard Steyn-trust toegeken wat tot stand gekom het uit die boedel van dr. Jan Steyn, in lewe ’n diplomaat, boer en direkteur van maatskappye, wat die trust na sy pa vernoem het.

Vorige wenners van die skryfkuns -prys

1988 – Karel Schoeman vir ’n Ander land

1992 – John Miles vir Kroniek uit die doofpot

1996 – Breyten Breytenbach vir Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde

2000 – John Kannemeyer vir Leipoldt: ’n Lewensverhaal

2004 – Dan Sleigh vir Eilande

2008 – Marlene van Niekerk vir Agaat en Hermann Giliomee vir Die Afrikaners

2012 – PG du Plessis vir Fees van die ongenooides

2016 – Willem Anker vir Buys

Vir nog inligting en die beoordelaarspaneel se volledige commendatio, besoek helgaardsteynpryse.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.