Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Vermeulen op IBBY se lys van jeugboeke
Jan Vermeulen

Die bekroonde skrywer Jan Vermeulen se jeugroman Asem is pas deur IBBY (International Board on Books for Young People) as ereboek in die kategorie vir Afrikaanse jeugliteratuur aangewys.

Dit beteken Asem sal deel vorm van die internasionale erelyskatalogus wat tweejaarliks deur dié gesaghebbende kinderboekliggaam saamgestel word.

Vermeulen is tans besig om op alle fronte naam te maak.

Asem is as wenner van LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2015 aangewys.

•Teen die einde van 2017 het hy silwer gewen in NB se jeugromankompetisie met Soen.

•Vermeulen LAPA Uitgewers se jeugromankompetisie vir 2017 gewen het met Oopmond.

•Oor ongeveer drie weke verskyn Vermeulen se krimi vir volwasse lesers, Die vyfde Aspoester, ook by LAPA Uitgewers.

Die omslag van Jan Vermeulen se jeugboek, Asem.

Van die belangrikste oorwegings wanneer die IBBY-erelys saamgestel word, is dat die boeke op die lys die beste van elke land se kinderliteratuur moet verteenwoordig, en dat dit geskik moet wees vir publikasie regoor die wêreld.

Die boeke op die lys vorm deel van rondreisende uitstallings wat by verskeie internasionale konferensies en literêre feeste te sien sal wees, en sal ook deel vorm van die permanente uitstallings van byvoorbeeld die Internasionale Jeugbiblioteek in München, Duitsland.

Asem vertel die verhaal van Barries Barnard wat by sy vervreemde pa in die Oos-Kaap moet gaan bly ná ’n ongeluk waarin hy en sy vriende onder die invloed van drank en dwelms ’n verkeerskonstabel omry.

Miemie du Plessis, uitgewer: kinder- en jeugboeke van LAPA Uitgewers, sê Asem is werklik ’n unieke storie wat dié uitsonderlike eer dubbel en dwars verdien.

“Daar was nog nooit so iets in Afrikaans nie – ’n boek wat die impak van ’n afwesige pa so brutaal eerlik aanspreek. En omdat dit so ’n wydverspreide probleem in Suid-Afrika is, is die boek honderd persent in die kol wat die tema en die uitvoering daarvan betref.”

Meer oor:  Kinderboeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.