Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Veronique Jephtas sal skreeu en sy sal luister ...
Veronique Jephtas Foto: Clement Cupido

Poetry flirt met haar en sy val elke keer, sê Veronique Jephtas, wat pas gedebuteer het met die bundel Soe rond ommie Bos. Daarby is sy ook aktrise, regisseur, performance poet en dramaturg. Sy het met Laetitia Pople gesels.

“Dit was regtig net Ronelda Kamfer wat gevra het of ek ’n bundel wil skryf, en ek wat ja gesê het, en die res is geskiedenis. Ook, ek het altyd los poems geskryf en vir King (haar naam vir Kamfer) gestuur, so dit maak sin om hulle saam te sit.”

Sy skryf oor diep, hartseer dinge – haar ouma se verlies aan ’n huis, haar peetkind wat met kanker gediagnoseer is, haar empatie met haar boelie en haar afwesige pa, na wie sy as die sperm donor verwys.

Besweer haar poetry die seer, en woede oor onreg, en die geweld teen die vrou?

“Definitief. Iets soos “Mamma ek wil man hê”, besweer ook rassisme en klassisme. Soos jy seker agterkom, maak ek my stem dik oor baie kwessies. Die seer leer, maar dis niks lekker nie. Die korrupsie en manier hoe die meeste van ons mense leef, is genoeg om enigeen woedend te maak, of so sou ek hoop. En die vrou. Ai, die vrou. Die vrou is na aan my hart. Van kop tot toon. So oor haar sê ek definitief baie.”

“My boek bestaan uit drie hoofstukke. Jy lag lekker, maar ’n mens raak ook hartseer. Selfs die seer en ondenkbaar kan ’n mens laat lag of leer om beter te wees, en die woede, wel ... ek sou sê ek wil hê my leser moet leer uit my gedig “die nag”. Dit lees baie eenvoudig “die nag is stil ek lyste graag”. ’n Mens skel en maak nie net sommer geraas nie. Die blik is nie altyd leeg nie en dis oukei om te luister om te hoor en nie om te reageer nie.”

Sy is ook ’n performance poet of dan soos haar CV sê ’n “spoken word artist”. Opnames van haar kan op Youtube gekyk word.

Die omslag van Veronique Jephtas se debuutdigbundel “Soe Rond Ommie Bos” wat pas by Protea verskyn het.

Jephtas het ook vir pres. Cyril Ramaphosa aangevat in ’n dreundig in die 16 dae van aktivisme.

“Not to sound too cocky, maar dis een van die min goed waarin ek goed is. En ek sê min, want wat ek doen is regtig al wat ek kan doen. So ja. Ek probeer net oorleef.

En ek is ook ’n sucker vir poetry. Ai. Elke keer as ek Ronelda se werk lees, verloor ek my kop. Ek is nou al hoeveel keer deur Lynthia (Julius) se Uit die kroes en dit tref my elke keer. Ek sou sê poetry flirt met my en ek val elke keer.”

Sy het pas haar honneurs in kreatiewe skryf voltooi aan die Universteit Stellenbosch ná ’n dramagraad in stem en regie. Haar drama, Hoe change hulle, oor afwesige pa’s en die impak op kinders, is vanjaar benoem vir ’n Fiësta.

“Ek het op 4 al geweet ek wil dit doen. Ek sê dit, want op 4 toe weet ek nie wat ’n aktrise is of wat ’n regisseur is nie. Ek dink ek het net na 9 uitgevind die mense in 7de Laan sê nie hulle eie woorde nie en hulle het ’n regte lewe.”

Ek dink ons raak net meer kreatief. Ek raak soms geïrriteerd as iemand heeltyd kla oor hoe ’n mens moet aanpas. Niks is meer dieselfde nie. En ons maak nou net die beste van wat ons het. Ek hoop ons toekoms is helder, maar ek weet mens kan hoop vir min dinge in SA.”

Hoe change hulle het ek begin skryf in gr. 11, maar rofweg. In 2018 toe maak ek dit klaar. Ek like dit om woorde in ’n man se mond te druk, en ek wou die stereotypical bruin man die geleentheid gee om te praat. Dis hoekom dit ’n one man show is. Almal praat van hom, niemand laat hom praat nie. Toe gee ek hom sy tyd. Afwesige pa’s speel ’n groot rol en iewers moet verantwoordelikheid geneem word.”

Marlo Minnaar het die rol van Shelly vertolk. Hoe change hulle is verlede jaar by die Toyota US Woordfees opgevoer. In die karakter se woorde "Assie liewe jou so treat, is daa een van twie ways: óf jy plaas jou vertroue innie Here, óf jy wonne’ hoekô het God jou desert

Op 24 is Jephtas al volwaardig besig op die planke en voor die kameras sy het al haar verskyning in die gewilde televisiereekse Arendsvlei, Fynskrif en Sara se geheim gemaak.

“Ek love dit om die antagonis te speel. Mag ek sê ’n badass. Fiesty.”

Oor die uitbeelding van vroue wil sy haar nie te veel uitlaat nie. “Ek kyk eintlik baie min TV, ja, ek weet, ek weet, so ek kan niks sê nie. Maar wat ek wel sien, is dat gehore in die geheel altyd eerste die vroue blameer vir iets en baie persoonlik raak oor vroue se appearance en so aan. Veral hare. Moenie laat ek praat oor hare nie.”

“En dit sal lekker wees om meer vroue van kleur in leading roles te sien. En nie in ’n stereotypical way nie, maar op ’n manier vir ’n 4-jarige kleintjie van kleur by die huis laat glo hulle kan ook.”

“En dit sal lekker wees om meer vroue van kleur in leading roles te sien. En nie in ’n stereotypical way nie, maar op ’n manier vir ’n 4-jarige kleintjie van kleur by die huis laat glo hulle kan ook

Met ’n regering wat voete sleep om die kunstenaars by te staan wat hard deur die Covid-19-pandemie getref is, lê die onus nou by die kunstenaars self, glo die jong teaterskepper, wat op vele vlakke woeker met haar talente.

“Ek dink ons raak net meer kreatief. Ek raak soms geïrriteerd as iemand heeltyd kla oor hoe ’n mens moet aanpas. Niks is meer dieselfde nie. En ons maak nou net die beste van wat ons het. Ek hoop ons toekoms is helder, maar ek weet mens kan hoop vir min dinge in SA.”

Haar mentors sonder sy uit as die aktrise en regisseur Lee-Ann van Rooi en die dramalektor Amelda Brand.

“Ek is altyd keen om kennis te deel en gee graag feedback op tekste, maar ek mentor niemand nie. Ek is nog ’n baba. Ek kort ’n mentor.”

Vanjaar is haar fokus op toneelspel – drie groot projekte met van die bedryf se groot name – is voltooi, maar sy mag niks rep nie, danksy ’n vertroulikheidsklousule.

“Tot almal en selfs my eie verbasing, is my fokus vanjaar acting. Verlede jaar was dit skryf. Sien? Ever changing! Maar ek beplan om iewers in Julie te begin skryf aan iets groot wat ek graag einde 2022 sal wil doen. Ek het ook laasjaar in die Paulet-huis (Jakes Gerwel-stigting), aan ’n kortverhaalbundel gewerk, so ek sal dit definitief moet afrond en die wiel aan die rol kry.”

As kind, wat in die Paarl grootgeword het, was vrae vra deel van haar mondering, vertel sy.

“Ek het baie dinge in Paarl gesien as kind en altyd vrae gevra. Ek het altyd gewonder oor prostitute. Ons bly naby die N1 so ek het hulle altyd gesien en nooit verstaan hoekom hulle gearresteer kon word nie. Volgens my werk hulle net. Ek het altyd wit mense in Paarl gesien, en nog nooit die intense white privilege wat ek in Stellenbosch ervaar het, hier ervaar nie.

“Ek het altyd opgestaan of gepraat as ek sien iets is nie lekker nie. Ek is ’n mens, en kan my nie in dink hoe gender violence ’n ding is nie, want dis terrible. So ek sal altyd praat. Altyd skreeu. Altyd gaan vir nog ’n ronde ommie bos.”

• “Soe Rond Ommie Bos” het by Protea verskyn, so ook haar drama “Hoe change hulle” wat opgeneem is in die eenbedryfbundel “Staande ovasie” saam met werk van Herschelle Benjamin, Igna Botha en Marcel Spaumer.

Meer oor:  Poësie  |  Teater  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.