Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Verse in die tyd van die virus

In die somber tyd van Covid-19, wêreldwye inperkings, paniek, fopnuus, en aapraap in winkels het twee Afrikaanse digters hul pen opgeneem en inspirasie geput uit ’n virus.

’n Versie na die skildery van René Magritte (1928)

Nou’s die tyd

om lief te hê –

die tyd

om nou

jou sê te sê.

Weet dan wel

dat jy vir my is

selfs na

die donker dae

verby is.

Philip de Vos

Philip de Vos

23 Maart 2020

(Die skildery is "The Lovers, 1928."

Herstel

die aarde word weer blou

alle hawens is gesluit:

vliegtuie staan geparkeer

grou bote bly vasgemeer

sodat die albatros kan sweef

en die dolfyne herleef

in die kanale van Venesië

die karnavalstad waar jy jou

vergeefs soos ’n kraai vermom

om vir die skrander pes te vlug

hierdie virus is kieskeurig:

hy vind die besoedelaar, die mens

Daniel Hugo

Daniel Hugo

Maart 2020

Meer oor:  Gedigte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.