Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Verstommend oorspronklik

Poësie

If All The World And Love Were Young

Stephen Sexton

PENGUIN, R220

Gedigte oor die dood van ’n ouer is iets wat poësielesers taamlik gereeld teëkom.

Afskeidneem van die ma of die pa is, kan ’n mens argumenteer, een van die oertemas van die digkuns.

Ek dink aan van prof. Louise Viljoen se akademiese werk oor Breytenbach – oor die aflegging van die biologiese, die metafisiese, die politieke en die letterkundige vaders in sy werk.

Die verhouding tussen rou en die digkuns is ’n intieme een. ’n Mens is deesdae ook nogal bewus van verskynsels soos die Avbob-poësiekompetisie en -bundel.

Dis in dié konteks dat ek so uit die veld geslaan is deur Stephen Sexton se debuut If All The World And Love Wer­e Young – ’n skitterende werk waarin hy die dood van sy ma verwoord in die beelde en terme van, en hier kom die verrassing, die 1990-televisiespeletjie Super Mario World. Dit pak hierdie oertema op ’n verstommend oorspronklike manier.

Ek ken die wêreld van Super Mario Brothers (waarop World ’n opvolg was) danksy vele oorslaapnaweke destyds by laerskoolvriende wat “TV games” gehad het.

Op YouTube kan oningewydes gaan kyk hoe die hoofstukke van Super Mario World gespeel word. Dis nogal verbasend hoe verslawend dit is om na te kyk. Die eenvoudige grafika, die helder kleure, Mario wat hol en op skilpaaie se koppe spring, die piep-piep-pop van die elektroniese musiek . . .

One of the worlds I live in is as shallow as a pane of glass.

Sexton gebruik hierdie gegewens om die donker wan-avontuur van sy ma se kankerdood op te roep. As sleutel tot die bundel skryf hy oor ’n foto wat sy ma geneem het: hy, wat as kind voor die TV sit en die speletjie speel, aan sy linkerkant die Ierse landskap in ’n vensterruit. Dié twee “ruite” skuif in die bundel oormekaar: die natuurskoon en die beeldelemente van “Dinosaur Land”.

Die Mario-konsep en -struktuur kon in ’n mindere digter se hande net ’n slim truuk gebly het, maar Sexton is uiters vaardig, regdeur, tot op die vlak van reëlsamestelling en woordkeuse: “One of the worlds I live in is as shallow as a pane of glass”, “As the world of the living peers / out into the world of the dead as the isle is full of noises / as the draught catches the blue door as its keyhole’s made of nothing”, “the ducks coursing in a chev­ron on the water”, “the sound / of our river trickles up to our bridge and she can hear now these / sun-tempered waters of Venice fountains in the hospice courtyard / two Saturns of memory big jumble sale of the mind morphine / how much does this cost (darling) whatever do you call this thing?”

If All The World And Love Were Young is, eenvoudig gestel, die beste poësie wat ek in járe gelees het.

Loftus Marais is ’n digter en die inhoudsregisseur van kykNET Verslag in gesprek.

Meer oor:  Gedigte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.