Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
VERVOLG: Tussen die klippe (Slot)

Tussen die klippe
HOOFSTUK AGT-EN-VEERTIG

BEGIN BY HOOFSTUK EEN

My Bybel is in my rugsak, my kooigoed op my esel se rug vasgemaak en ek lei Bileam oorhaastig tot by die tent naby die kookskerm.

Halflaer is nou net twee waens, nie meer ’n laer nie. Waar die hof was, is Dolf-hulle aan die inspan.

“Susanna slaap, Meneer.” Ester staan soos ’n engel voor die sieketent se deur.

“Ek kom net groet, Ester.”

“Gaan Meneer dan weg?” Die litteken trek ’n kepie op haar linkerwang toe sy verbaas effens glimlag.

“Ek kom weer terug.”

Die litteken word ’n bekoorlike kuiltjie.

“Kom Meneer dan kuier?”

“Ek hoop om vir altyd terug te kom.”

“Na Susanna toe, Meneer?”

“Na Susanna toe, Ester. Ons gaan hier bly. Vir altyd.”

“Kan ek ook by julle bly?”

“Natuurlik, my liewe kind.”

Ester staan nog net so regop en stil, dan glimlag sy effens verleë, kyk af grond toe. Toe sy weer opkyk, vra sy: “En Oorlog, Meneer, kan Oorlog ook bly? Hy wil nie saam met die oom uit die Moot uit trek nie.”

“Hy kan by ons kom bly.” 

Maar dit is nie ek wat antwoord nie.

Dit is Susanna wat van binne die tent praat.

“Kry julle twee nou net end met julle gekekkel en kom vertel my ook hoekom jy terugkom, Johannes.”

My hart klop soos ’n buffeltrop wat deur die bosse bars, maar ek kry tog ’n antwoord uitgeroep.

* Lees al die vorige hoofstukke onder Vermaak>Boeke


NOU BESKIKBAAR!

Opstand van Poppie Nel

DIE OPSTAND VAN POPPIE NEL

deur Hans du Plessis


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.