Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Vervolgverhale: Spesiaal vir jou tuisbly-tyd!

LAPA Uitgewers stel, spesiaal vir hierdie inperkingstydperk, twee topboeke bekend as vervolgverhale. Ons skop af met Kristel Loots se Eendag is nou en die tweede boek is Huis van gruwels, soos vertel aan Susan Cilliers.

Ons sal élke dag 'n hoofstuk in die vervolgverhaal vrystel en jou iets gee om dag vir dag na uit te sien. 

MEER OOR DIE BOEKE

Eendag is nou

EENDAG IS NOU

deur Kristel Loots 

Jacomien se lewe bestaan daaruit dat sy haar man, ’n eiendomsagent, na begrafnisse vergesel om te ‘netwerk’ en huise wat te koop mag wees, op te spoor. Dis een van die rare maniere waarop die nimlike JanKoos sy sake bedryf en, goeie vrou wat sy is, ondersteun sy hom daarin.

Maar Jacomien is moeg en verveeld met JanKoos en hulle manier van lewe. Sy verlaat die gesin se huis in Panorama om in ’n strandhuis te gaan bly. Haar lewe lank wag sy op eendag om waarlik gelukkig te wees, net om met ’n donderknal te besef dat eendag nie meer op háár wag nie. Eendag is hier, eendag is nóú. Jacomien is amper sestig en Vader Tyd is ’n ou bogger wat niemand ontsien nie. Ook die mooie Jacomien se uurglas loop leeg.

Om die kroon te span is haar twintigjarige dogter Klara begogel met haar filosofieprofessor en Jacomien, immer die ‘interfering mother’, se bekommernis hieroor dryf haar om nader kennis te maak met hierdie akademikus; want Jacomien dra die letsels van haar eie aaklige ervaring aan dieselfde universiteit. Een verkeerde keuse het ’n skadu oor die res van haar lewe gegooi en haar in ’n rigting gestuur waarin sy nie werklik wou gaan nie.

Maar haar hart is honger vir liefde en sy besef gister is verby, aan môre kan sy niks doen nie, maar sy kan elke dag leef asof dit haar laaste is. Want ‘eendag’ is nóú.

* * *

Eendag is nou is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

Klik en begin lees


HUIS VAN GRUWELS

soos vertel aan Susan Cilliers

Huis van gruwels

“Ek kniel op die voetstuk langs die bed en laat my kop sak. ’n Warm brandpyn skiet deur my hele gesig. Pa het my geskop. Bloed stroom deur my neus. Dan voel ek hoe koue water oor my hele lyf stort. Elektriese drade stuur skokke deur my, ek kan nie deur die bloed sien nie. Here, help my.”


Landi is die oudste van vyf kinders wat uit die sogenaamde Springs-gruwelhuis gered is. Sy is nou 21 jaar oud en vertel vir die eerste keer haar verstommende verhaal. In Mei 2014 het die polisie dié huis ontdek waar ’n sadistiese pa sy vrou en vyf kinders vir jare tussen vullis en rotte aangehou, getreiter en gemartel het.

In ysingwekkende besonderhede onthou Landi hoe hul pa hulle aangerand, met ’n skokstok geskok, met ’n gaspistool geskiet en met ’n blaasvlam gebrand het, hoe hy martelmetodes nagevors en hulle byna in ’n bad verdrink het.

Sy vertel hierdie herinneringe aan Susan Cilliers, ’n ervare joernalis, wat dit met deernis weergee en dit vernuftig met die feite van die polisie-ondersoek en die hofsaak verweef. 

Huis van gruwels is die skokverhaal van ’n pa wat op die wreedste manier denkbaar alles van sy gesin wegneem, maar ook ’n storie van hoop oor hoe ’n dapper jong vrou uiteindelik geluk en genesing vind.

* * *

Huis van gruwels is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za

Klik en begin lees

Meer oor:  Lapa  |  Vervolgverhaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.