Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
Vir die dagboek: Krimikoors

Chroniese krimiverslaafdes kan hul koors behoorlik opjaag (en hopelik weer blus) by die eerste Krimifees wat van 9 tot 11 Augustus in Elgin en Grabouw gehou word.

Deon Meyer
Deon Meyer

Suid-Afrika se voorste misdaadfiksieskrywers neem deel aan verskeie tematiese sessies wat in Afrikaans en Engels aangebied word – van Deon Meyer, Karin Brynard, Bettina Wyngaard, Rudie van Rensburg, Martin Steyn, Irna van Zyl, Chanette Paul en Carina Diedericks-Hugo tot plaaslike Engelse skrywers soos Andrew Brown en Sally Andrew.

Soek “CrimeFest / Krimi-Fees” op Facebook vir die volledige program met temas, gespreksleiers, deelnemende skrywers en tye.

  • Kaartjies (R50 per sessie of R300 vir die naweek): christy@libertybooks.co.za of 021 859 1174.
Meer oor:  Deon Meyer  |  Grabouw
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.