Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER: Gesprek oor ons lang pad na ekonomiese vryheid

Hoe het Einstein gehelp om Eskom op die been te bring? Waarom kan ’n vulkaan in Indonesië die Groot Trek verduidelik? Wat het koning Zwelithini en Charlemagne in gemeen?

Dit is enkele van die vrae wat Johan Fourie, professor in ekonomie aan die Universiteit Stellenbosch, verken in hierdie onderhoudende, toeganklike ekonomiese geskiedenis wat strek van die mensmigrasie uit Afrika 100 000 jaar gelede tot die Covid-19-pandemie.

Tafelberg en Netwerk24 nooi jou na ’n gratis aanlyn gesprek met Johan Fourie oor sy boek, Our Long Walk to Economic FreedomDie ekonoom Theo Vorster sal met hom gesels. 

Reis saam met Fourie, ook ’n blogger en ’n rubriekskrywer vir Finweek en Rapport, deur ’n Suid-Afrika-gesentreerde geskiedenis en die storie van ons lang pad na ekonomiese vryheid.

Skaf die boek aan

Our Long Walk to Economic Freedom word uitgegee deur Tafelberg en kan by goeie boek- en aanlyn winkels bestel word. Dit is ook beskikbaar as e-boek.

Besoek Johan se webtuiste vir bonus-inhoud en meer inligting oor die boek.


SKAKEL IN!
Theo Vorster is ’n gereelde markkommentator op RSG se Geldsake-program, en ’n bekende gesig op kykNET en VIA waar hy dikwels as ontleder optree. Hy gesels Donderdag 13 Mei om 20:00 net hier op Netwerk24 met Fourie oor Our Long Walk to Economic Freedom.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.