Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
VIR JOU DAGBOEK: Luister na Rolene Strauss oor haar nuwe boek oor selfvertroue

Tafelberg en Netwerk24 nooi jou na ’n aanlyn gesprek met Rolene Strauss oor haar nuwe boek, Herontdek jou selfvertroue: Sewe stappe na ’n nuwe jyWerner Wessels se gesprek met Rolene word op Donderdag 23 September om 20:00 op Netwerk24 uitgesaai en is gratis vir intekenare.

Kom luister op Donderdag 23 September wat Roelene Strauss oor haar nuwe boek en selfvertroue te sê het.


Rolene Strauss is ’n transformasie-afrigter, Mej. Wêreld 2014, ’n gegradueerde dokter, skrywer, internasionale spreker, entrepreneur, vrou vir haar man en ma van twee seuns. Sy help vroue om beheer te neem en die koningin van hul eie lewe te word.

Haar wye en diverse agtergrond het die grondslag gelê vir haar passie om ander te bemagtig om die vroulike, vreeslose vegters te word wat hulle bestem is om te wees.

Haar mediese studie, reise na meer as 20 lande gedurende haar tyd as Mej. Wêreld en studie vir haar meestersgraad in filosofie en bestuursafrigting aan ’n toonaangewende sakeskool, dra alles by tot die kennis en ervaring wat sy deel.

Rolene het duisende vroue oor die wêreld heen aangemoedig om nee te sê vir perfek wees, vir voortdurende vergelyking met ander en vir min selfvertroue en ja te sê vir eiewaarde, moed, geluk en sukses.

Werner Wessels, stilis en huidige kreatiewe direkteur van Mej. Suid-Afrika, loop al ’n lang pad met Rolene. Hy het tydens haar jaar as Mej. Wêreld aan haar sy gestaan, ’n ervaring wat ’n hegte vriendskap gesmee het. Hy weet wat selfvertroue, en ’n gebrek daaraan, aan ’n vrou kan doen en het ’n loopbaan geskep wat die waardes weerspieël wat Rolene met hierdie boek nastreef.

Meer oor die boek

Sukkel jy met selfvertroue? Vergelyk jy jouself gedurig met die wêreld se idee van perfeksie? Verhinder jou gebrek aan selfvertroue jou om doelwitte te bereik en werklik suksesvol te wees?

Jy is nie alleen nie.

Van die slimste en mooiste vroue ter wêreld het min selfvertroue.

In hierdie boek deel Rolene Strauss hoe sy ook met ’n tekort aan selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej. Wêreld-kroon gedra het.

Deur haar meestersgraad in professionele lewensafrigting en ure se afrigtingsessies met vroue wat met min selfvertroue gesukkel het, het Rolene waardevolle insigte bekom oor hoe vroue hul selfvertroue kan bou en behou.

Herontdek jou selfvertroue is ’n onontbeerlike gids vir vroue wat die moed en vertroue wil hê om hul drome vreesloos na te jaag.

Bestel Herontdek jou selfvertroue (Tafelberg) deur Rolene Strauss by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar.

Meer oor:  Rolene Strauss  |  Boekgesprek  |  Selfvertroue  |  Boeke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.