Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER: Skrywers van kinderbundel in gesprek

Best Books en Netwerk24 nooi jou na ’n aanlyn gesprek met die bydraers tot die kortverhaalbundel Ingonyama en ander maats met leeueharte. Die gesprek is Donderdag 5 Augustus om 20:00 gratis op Netwerk24 uitgesaai.

Carin Krahtz is een van die bydraers. Foto: Hanneri de Wet

Carin Krahtz, Nelia Engelbrecht, Annelie Ferreira, Jaco Fouché, Troula Goosen, Henriëtte Linde-Loubser, Elrien Scheepers, Christina van Deventer, Annerle Barnard, De Wet Hugo, Anzil Kulsen, Naomi Meyer, Christien Neser, Carina Stander, Marita van Aswegen, Elizbè van der Colff, Derick van der Walt, Elizabeth Wasserman, Zelda Bezuidenhout, E.K.M. Dido, Sidney Gilroy, Rouxnette Meiring, Chase Rhys, Cecilia Steyn, Fanie Viljoen en illustreerder Sasha Richards sal oor hul kortverhale gesels.

Ingonyama en ander maats met leeueharte is ’n bundel propvol nuwerwetse verhale vir kinders in gr. 4 tot 6 met Afrikaans as eerste addisionele taal. Die bundel neem temagewys die drome, vrese, leefwêreld en belangstellings van hierdie ouderdomsgroep in ag, asook die riglyne van die KABV en die departement van basiese onderwys se strewe om laerskoolonderwys by die “Vierde Industriële Rewolusie” te betrek.

Die beeld van die jeug wat in hierdie bundel geskilder word, is dié van dapper, kreatiewe planmakers en kinders wat wyser is as wat die samelewing dikwels wil toegee.

Elke verhaal:

  • begin met ’n besprekingstema en ’n woordelys;
  • bied pre-leesvrae om die tema te bespreek;
  • gee vertalings van moeilike woorde in die voetnotas weer;
  • bevat post-lees- kontekstuele vrae; en
  • bied verrykingsaktiwiteite wat kinders se taalvaardighede en kreatiewe skryfwerk in ag neem.

Dié bundel word voorsien van memoranda en rubrieke in ’n onderwysersgids wat gratis op  www.nb.co.za afgelaai kan word. Bestel Ingonyama en ander maats met leeueharte (Best Books) by goeie boekwinkels of aanlyn. Dis ook as e-boek beskikbaar.

Kom luister na wat die skrywers van 'Ingonyama en ander maats met leeuharte' te sê het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.