Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Boeke
KYK WEER: Zelda Bezuidenhout gesels oor nuwe roman

Kwela Boeke en Netwerk24 het ’n aanlyn gesprek met Zelda Bezuidenhout aangebied oor haar boeiende en eietydse spanningsroman, Die waarde van stil bure. Cintaine Schutte het met Zelda gesels.

Die gesprek is op Donderdag 12 Augustus om 20:00 op Netwerk24 uitgesaai en is gratis vir intekenare.

'Die waarde van stil bure' deur Zelda Bezuidenhout word deur Kwela Boeke uitgegee.

Meer oor Die waarde van stil bure:

Magdaleen Verster probeer die stukke van haar lewe optel ná die dood van haar tweelingsuster, Misha. Toe sy ’n onwaarskynlike vriendskap smee met haar eksentrieke buurman, die wetenskaplike Darius Achenbach, bevind sy haar in die opwindende maar omstrede wêreld van stamselnavorsing.

Asof Misha haar aksies vanuit die dood rig, vind die gematigde Magdaleen dat sy skielik bereid is om groot risiko’s te neem. Sy kan haar suster nie terugbring nie, tog kan sy moontlik ’n verskil aan ander se lewens maak.

Maar alles kom teen ’n prys en soms is die prys van een mens se lewe ’n ander mens se dood . . .

Zelda Bezuidenhout Foto: Alet Pretorius

Zelda Bezuidenhout is ’n skrywer van jeugverhale, kortverhale, radiodramas, rubrieke, reklamekopie en volwasse fiksie.

Haar eerste roman vir volwassenes, Die dekonstruksie van Retta Blom, het in 2019 by Kwela Boeke verskyn. Haar jeugverhaal As mens geluk kon proe is in 2017 as naaswenner in Lapa se jeugromankompetisie bekroon.

In 2019 is sy naaswenner in RSG se radiodramakompetisie met die hoorspel As ’n kind kom kuier en in 2020 behaal sy en haar medeskrywer, Lunéll Kruger, die eerste plek in Netwerk24 se luisterdramakompetisie met Koppelkat.

Sy woon op Parys in die Vrystaat.

Bestel Die waarde van stil bure by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.