SPESIALE AANBOD: Betaal slegs R25 vir die eerste maand. Spring gou!
Boeke
Vreemde, interessante karakters in lieflike debuut

The Peculiars

Jen Thorpe

PENGUIN, R220

Met die aanskou van die titel van Jen Thorpe se debuutroman The Peculiars, het ek onmiddellik gewonder of die boek ’n soort speling op The Interestings deur Meg Wolitzer gaan wees.

Tot my verligting is dit nie die geval nie. The Peculiars is ’n aweregse storie wat op sy eie staan. Dit speel af teen die agtergrond van die fiktiewe Centre for Improved Living in Kaapstad, ’n plek waar die werknemers en hul kliënte ewe aardig is.

Die sentrum onderneem navorsing oor fobies, om te kyk in watter mate die 16 deelnemers van hul vrese genees kan word.

Die fobies is uiteenlopend — van mense met vrese vir honde, hoogtes en vliegtuie, tot die bejaarde man wie se beweerde vrees vir immigrante waarskynlik swak verskuilde xenofobie is.

Nazma slaan in ’n koue sweet uit elke keer as sy net dink aan bestuur. Haar vrees hou haar as’t ware gevange in haar ouerhuis en as kassier by haar pa se kiosk op die stasie. Sy smag na onafhanklikheid en droom van ’n werk as bakker.

Sam leef ook as ’n amperse kluisenaar. Sedert sy ma ­beroof is, loop hy met ’n knipmes rond en kan nie slaap sonder etlike alarmstelsels in sy woonstel nie.

Die derde protagonis is Ruby, die sentrumdirekteur, wat haar eie kompulsiewe gedrag van haar kollegas en kliënte probeer wegsteek. Sy het ’n ogie op Sam, maar hy het weer net oë vir Nazma.

Thorpe skryf met ’n ligte hand. Haar karakters is eksentriek, maar geloofwaardig en oorwegend simpatiek. Sy beïndruk met ’n lieflike ­debuut.

Louise Ferreira is ’n vryskutjoernalis van Johannesburg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.